Dans met die rooi rok Werk van S­tern en Se­ko­to on­der ha­mer

Beeld - - Veilings - El­ma Klop­pers Fo­to’s: BONHAMS

’NAan­gry­pen­de werk deur Suid-A­fri­ka se gran­de da­me van skil­der­kuns, Ir­ma S­tern, The Red D­ress, gaan in Sep­tem­ber die hoog­te­punt wees op Bonhams se Suid-A­fri­kaan­se kuns­ver­ko­ping in Lon­den.

Die aan­gry­pen­de en kleur­vol­le skil­de­ry is ’n sen­si­tie­we uit­beel­ding van ’n jong Kaap­se Ma­lei­er­mei­sie in ’n tref­fen­de rooi rok.

Bonhams se voor veilings ra­ming is tus­sen £250000 en £300 000.

Die por­tret is in 1949 ge­skil­der toe S­tern op die hoog­te­punt van haar loop­baan was.

Vol­gens Bonhams weer­spie­ël die krag­ti­ge uit­beel­ding van die mei­sie se ge­laats­trek­ke ar­tis­tie­ke self­ver­troue.

Die ge­bruik van rooi spat­sels kleur op haar neus en voor­kop sluit aan by die le­wen­di­ge kleur van haar rok, ter­wyl die blou van die ag­ter­grond in haar serp her­haal word.

Gi­les Peppiatt, Bonhams se di­rek­teur van Suid-A­fri­kaan­se kuns, sê die por­tret is so krag­tig van­weë die kuns­te­naar se em­pa­tie met haar on­der­werp.

“Hoe­wel S­tern die groot­ste deel van haar le­we in Suid-A­fri­ka deur­ge­bring het, was sy on­ge­mak­lik in die Kaap­se so­si­a­le krin­ge en het haar­self al­tyd as iet­wat van ’n bui­te­stan­der be­skou.”

Hy sê die skil­de­ry toon sim­pa­tie en ’n we­der­syd­se be­grip tus-

Regs: Ir­ma S­tern se aan­gry­pen­de

The Red D­ress, wat in Sep­tem­ber deur Bonhams in Lon­den ver­koop gaan word.

sen die kuns­te­naar en haar on­der­werp.

Nog hoog­te­pun­te op die vei­ling gaan Ge­r­ard Se­ko­to se Con­go­le­se Maid wees, wat na ver­wag­ting tus­sen £30 000 en £50 000 gaan haal, en ’n u­nie­ke land­skap van Ja­cob Hen­drik Pier­neef, Hart­bees­poort Dam, wat in 1946 ge­skil­der is.

Bonhams, wat die eer­ste in­ter­na­si­o­na­le vei­lings­huis was wat ver­ko­pings van Suid-A­fri­kaan­se kuns in die bui­te­land ge­hou het, hou die wê­reld­re­kord vir wer­ke van S­tern en Se­ko­to.

In 2011 het die vei­lings­huis S­tern se Arab P­riest vir ’n ver­bys­te­ren­de £3 044 000 ver­koop en Se­ko­to se Yel­low Hou­ses, Dis­trict Six vir £602 400.

Die vei­ling word op 13 Sep­tem­ber by Bonhams se ver­koopslo­kaal in New Bond S­treet in Lon­den ge­hou.

Vir meer in­lig­ting kan bonhams.com be­soek word.

‘‘

Die skil­de­ry toon sim­pa­tie en ’n we­der­syd­se be­grip tus­sen die kuns­te­naar en haar on­der­werp.

— GI­LES PEPPIATT

Con­go­le­se

Links: Ge­r­ard Se­ko­to se

Maid gaan na ver­wag­ting vir tus­sen £30 000 en £50 000 ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.