S­kat­kis van wy­ne op­ge­veil

Beeld - - Veilings -

’n S­kat­kis van 61 uit­een­lo­pen­de wy­ne, in­slui­tend skaars va­ri­ë­tei­te en op­win­den­de ver­snit­te, gaan ein­de Sep­tem­ber by die 33ste Ned­bank Kaap­se Wyn­ma­kers­gil­de-vei­ling in S­tel­len­bosch on­der die ha­mer kom.

In­no­va­sie is die waar­merk van dié skou­spel van die SuidA­fri­kaan­se wyn­be­dryf.

Die ge­leent­heid bied jaar­liks ver­sa­me­laarswy­ne in klein hoe­veel­he­de aan wat spe­si­aal vir die vei­ling deur die le­de van die Kaap­se Wyn­ma­kers­gil­de ge­skep word.

Met ’n aan­bod van 10 meer soor­te wy­ne en 534 by­ko­men­de kis­te ver­ge­le­ke met ver­le­de jaar se re­kord­vei­ling wat met ver­ko­pe van meer as R13,8 mil­joen kon spog, het wyn­lief­heb­bers, ver­sa­me­laars en wyn­han­de­laars van­jaar nog meer om van te kies.

Die 2017-vei­ling­wy­ne be­staan uit 42 rooi­wy­ne, 18 wit­wy­ne en een Mét­ho­de Cap Clas­si­que wat die to­taal van 2 962 kis­te (6 x 750 ml per kis) op­maak.

Dié vei­ling, ge­lei deur Hen­ré Ha­blut­zel van Hof­meyr-Mills Af­sla­ers vir die 20ste ag­ter­een­vol­gen­de jaar, is oop vir die pu­bliek en vind Sa­ter­dag 30 Sep­tem­ber by die S­pier-kon­fe­ren­sie­sen­trum in die S­tel­len­bosch-wyn­lan­de plaas

Al­le ko­pers moet teen Woens­dag 20 Sep­tem­ber vir die vei­ling en die BBP-er­va­ring by die gil­de se kan­toor re­gis­treer.

Be­soek www.ca­pe­wi­ne­ma­kers­guild.com of bel die gil­de­kan­toor by 021 852 0408 of e-pos in­fo@ca­pe­wi­ne­ma­kers­guild. com vir meer in­lig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.