SA span­ne kan kook

BOE­RE­ITALIANER OOR PRO14:

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die C­hee­tahs kan in hul eer­ste sei­soen in die Pro14-kom­pe­ti­sie die uit­speel­ron­des haal – mits hul­le daar­in kan slaag om stryk­deur met die­self­de groep spe­lers te speel.

So sê die Bloem­fon­tein­se boor­ling An­dries van S­chalk­wyk (32), wat vir die I­ta­li­aan­se klub Ze­bre speel. Ze­bre is een van die span­ne waar­teen die C­hee­tahs in die nu­we reeks te staan gaan kom.

An­der span­ne in hul groep is Mun­ster, Ospreys, die Glas­gow War­ri­ors, die Car­diff Blu­es en Con­nacht.

Vol­gens Van S­chalk­wyk, ’n los­voor­spe­ler, sal van die span­ne in die toets­tyd­perk aan die ein­de van die jaar en ty­dens die Se­s­na­sies-reeks (in Fe­bru­a­rie en Maart 2018) uit­ge­dun wees. Van hul­le sal vir tot agt wed­stry­de son­der hul ge­reel­de spe­lers moet klaar­kom.

“Ek dink die C­hee­tahs en Kings be­hoort heel goed te vaar, ver­al in die tyd­per­ke waar­na ek ver­wys het. Ier­land se t­wee span­ne in die kom­pe­ti­sie (Mun­ster en Lein­ster) kan by­voor­beeld elk vyf spe­lers aan die na­si­o­na­le span af­staan en dan moet an­der spe­lers ge­bruik word.”

Die C­hee­tahs sal in No­vem­ber waar­skyn­lik son­der Ou­pa Mo­ho­je (flank) wees, ter­wyl Fran­cois Ven­ter (sen­ter) en U­zair Cas­siem (flank) ook die Bok-toer­groep kan haal.

Ray­mond R­hu­le is die C­hee­tahs se an­der Bok, maar om­dat hy op pad Kaap toe is, is dit on­waar­skyn­lik dat hy ’n rol in die Pro14-reeks sal speel.

Van S­chalk­wyk meen voorts die Eu­ro­pe­se span­ne sal suk­kel wan­neer hul­le die Ro­se­stad be­soek.

“Hul­le sal glad nie ge­woond wees aan die toe­stan­de daar nie,” sê Van S­chalk­wyk.

Ier­land speel in No­vem­ber in drie toet­se teen die S­pring­bok- Fidji en Ar­gen­ti­nië, ter­wyl S­kot­land teen Sa­moa, Ni­euSee­land en Aus­tra­lië speel. Wal­lis pak Aus­tra­lië, Ge­or­gië, Nieu-See­land en Suid-A­fri­ka en I­ta­lië speel teen Ar­gen­ti­nië en Suid-A­fri­ka.

Van S­chalk­wyk sê die groot­ste fak­tor vir die C­hee­tahs en Kings se deel­na­me in Eu­ro­pa sal die kli­maat wees.

Wan­neer die kom­pe­ti­sie be­gin, gaan Suid-A­fri­ka sy so­mer bin­ne ter­wyl die Eu­ro­pe­ërs hul­le ge­reed maak vir die win­ter. “Hul­le sal moet aan­pas by die swaar vel­de. Ons kry baie re­ën, dit is win­de­rig en al die vel­de is by­voor­beeld nie so breed soos dié waar­aan hul­le ge­woond is nie.

“(Die C­hee­tahs se di­rek­teur van rug­by) Fran­co S­mith, het lank in I­ta­lië (T­re­viso) af­ge­rig en hul voor­spe­ler-af­rig­ter, Cor­niel van Zyl, het ook lank hier (vir T­re­viso) ge­speel. Hul­le ken die toe­stan­de en kan die spe­lers goed tou­wys maak.

“As die C­hee­tahs en Kings hul man staan in ver­al die vas­te fa­set­te, kan ek nie dink dat hul­le baie sal suk­kel nie,” sê Van S­chalk­wyk uit I­ta­lië.

Hy sê daar heers op­ge­won­den­heid on­der die span­ne in die kom­pe­ti­sie oor die C­hee­tahs en Kings se deel­na­me. “Ons kry nou die ge­leent­heid om ons teen spe­lers wat Su­per­rug­by ge­speel het, te toets.”

In die wan­del­gan­ge word ge­gis dat die C­hee­tahs se eer­ste wed­stryd in die Pro14-kom­pe­ti­sie moont­lik teen Ze­bre kan wees. Die fi­na­le be­pa­lings word vroeg vol­gen­de week be­kend ge­maak.

■ Van S­chalk­wyk, wat aan St. Andrew’s in Bloem­fon­tein ge­ma­tri­ku­leer het, se se­ni­or rug­by­loop­baan het in 2006 by die Vry­staat-C­hee­tahs be­gin. Hy het ook vir die Val­ke, Bo­lan­dKa­va­liers, Blou Bul­le, Sout­hern Kings, Goue Leeus en Lui­perds ge­speel voor­dat hy in 2012 Ze­bre toe is.

Fo­to: GETTY IMAGES

An­dries van S­chalk­wyk van Ze­bre in I­ta­lië in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.