Ba­den­horst en Puk­ke se net­bal­paaie skei

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Do­ret­te Ba­den­horst, een van Suid-A­fri­ka se voor­ste net­bal­af­rig­ters, en die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se paaie gaan la­ter van­jaar ná ses jaar skei.

Die Puk­ke het on­der haar lei­ding t­wee ag­ter­een­vol­gen­de Var­si­ty­be­ker-ti­tels ge­wen.

Sy is ook die af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se o.21-span, Noord­wes en dié pro­vin­sie se streek­span, die Fla­mes.

Die Fla­mes was van­jaar die naas­wen­ner in die na­si­o­na­le P­re­mier­liga.

Die Puk­ke het ver­le­de maand on­der Ba­den­horst en Ju­le­ne Mey­er se af­rig­ting die Us­sa-stu­den­te­kroon op hul tuis­baan ge­wen.

Noord­wes se A- en B-span­ne was daar­by bo­baas in die o.19toer­nooi, wat ook in Pot­chef­stroom ge­hou is.

Helé­ne Bo­tha, die be­stuur­der van vrou­e­sport by die Puk­ke, het Don­der­dag ge­sê Ba­den­horst se kon­trak ver­val aan die ein­de van 2017.

“Sy het be­sluit om dit nie te her­nu nie.

“Sy sal al haar ver­plig­tin­ge tot dan klaar­maak, soos die Var­si­ty­be­ker-reeks, waar­op ons reeds voor­be­rei,” sê Bo­tha.

Puk­ke-net­bal het Don­der­dag op sy Facebook-blad ge­skryf dat hy met ’n “swaar hart af­skeid neem van sy voor­tref­li­ke af­rig­ter, Do­ret­te Ba­den­horst, wat be­ke, sluit het om haar loop­baan in ’n nu­we en op­win­den­de koers te s­tuur”.

“Ek ken Do­ret­te al ja­re lank en het nog al­tyd die hoog­ste ag­ting vir haar ge­had,” lui Bo­tha se Facebook-ver­kla­ring.

“Sy is ’n on­ge­loof­li­ke af­rig­ter, ’n uit­son­der­li­ke stra­teeg en ’n won­der­li­ke mens.

“In die ses jaar wat sy ons hoof­af­rig­ter was, het ons die Var­si­ty­reeks t­wee keer ná me­kaar ge­wen. Ons het al­tyd in die top-drie in die jaar­lik­se Us­sa­toer­nooi ge­ëin­dig, in­slui­tend ’n oor­win­ning in 2017.

“Do­ret­te het die NWU se net­bal­klub na on­ge­ken­de hoog­tes ge­neem. Ons het haar sien groei saam met die klub,” lui die in­skry­wing. “Ons het hard ge­werk om haar diens­te te be­kom en dit het meer di­vi­den­de ge­le­wer as waar­voor ons ooit kon hoop.

“Ons is hart­seer dat sy ons ver­laat, maar ook op­ge­won­de oor wat die toe­koms vir haar in­hou.”

Puk­ke het on­der Ba­den­horst se af­rig­ting Pro­te­as soos Na­dia Uys, Elsu­net du P­les­sis, Ren­ske S­toltz, Si­gi Bur­ger en Ki­fi­loe T­so­tet­si op­ge­le­wer.

Bo­tha het ge­sê die u­ni­ver­si­teit sal Ba­den­horst se op­vol­ger bin­ne­kort be­kend­maak.

■ Ba­den­horst is oor die hoof ge­sien as af­rig­ter van die Pro­te­as. El­sjé Jor­daan is aan­ge­stel.

Ba­den­horst het nie op op­roe­pe ge­re­a­geer nie.

Fo­to: BACKPAGEPIX

Do­ret­te Ba­den­horst

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.