Ek bly in die Vry­staat, be­ves­tig Ou­pa

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die S­pring­bok-flank Ou­pa Mo­ho­je het gis­ter, op sy 27ste ver­jaar­dag, be­ves­tig hy gaan nê­rens – hy bly voor­lo­pig ’n Vry­sta­ter.

Daar is die af­ge­lo­pe tyd be­spie­gel dat hy, soos t­wee van sy span­maats, dalk ook vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie en die S­tor­mers be­skik­baar gaan wees.

“Ek het be­sluit om te bly,” het Mo­ho­je kort en krag­tig ge­ant­woord.

Hy het ’n kon­trak tot ein­de vol­gen­de jaar met die Vry­staat-rug­by­u­nie ge­sluit. Sy hui­di­ge kon­trak ver­stryk aan die ein­de van die Cur­rie­be­ker­sei­soen.

“Die WP was die e­nig­ste u­nie wat in my be­lang ge­stel het, maar ek het be­sluit om hier te bly. Ek is ver­bind tot die Vry­staat en kan nie wag vir die vol­gen­de hoof­stuk wat ons bin­ne­gaan nie.”

Hy sê dit was ’n moei­li­ke be­sluit, maar sy hart het vir hom ge­sê sy be­sluit is reg.

“Baie spe­lers is bang vir ver­an­de­ring. Ek is nie, ek is op­ge­won­de oor

wat die toe­koms by die Vry­staat vir my in­hou.”

Hy sê hy het ook lank met die af­rig­ting­span by die Vry­staat ge­praat.

Ro­ry Dun­can, brei­er van die Vry­staat-C­hee­tahs, het ’n be­lang­ri­ke rol ge­speel in Mo­ho­je se be­sluit om te bly.

“Hy het my raad as ’n voor­ma­li­ge spe­ler ge­gee en nie as ’n di­rek­teur van rug­by nie. Op die ou end was dit my be­sluit.

“Ek glo ook ek sal steeds ver­kies­baar vir die Bok­ke wees, al speel die C­hee­tahs nie meer Su­per­rug­by nie.

“Su­per­rug­by is ge­woon­lik waar spe­lers raak­ge­sien word en dan na die Bok­ke op­ge­roep word. Maar selfs al speel ek in die Pro14-kom­pe­ti­sie, glo ek ek sal steeds vir die na­si­o­na­le span in aan­mer­king kom,” sê Mo­ho­je.

Sy naam be­hoort mô­re weer uit­ge­lees te word wan­neer die S­pring­bok­groep van 33 spe­lers aan­ge­kon­dig word wat Dins­dag in Port E­li­za­beth saam­trek.

Die Bok­ke pak Ar­gen­ti­nië op 19 Au­gus­tus daar in hul eer­ste toets in die Rug­by­kam­pi­oen­skap.

■ Die Bok-vleu­el Ray­mond R­hu­le het Maan­dag sy skuif na die WP be­ves­tig. Ook Ser­ge­al Pe­ter­sen sal vol­gen­de sei­soen in die Kaap speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.