WP ‘wil nie kan­se vat’ teen Pu­mas

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell WP:

Die ge­vaar dat die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie oor­ge­rus sal wees vir mô­re se Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd teen die Pu­mas op Nu­we­land het die af­ge­lo­pe Son­dag in Bloem­fon­tein reeds ge­wyk.

“Het ons die Vry­staat-C­hee­tahs ge­klop, sou dit dalk an­ders ge­wees het. Die ge­volg van ons ne­der­laag is eg­ter dat ons nie nou kan­se kan vat nie,” sê John Dob­son, die WP se brei­er.

“As ons teen die Pu­mas klei­trap, is ons diep in die moei­lik­heid. Oor­ge­rust­heid is bui­te die kwes­sie.”

Oor die drag slae wat die S­treep­truie in die Ro­se­stad ge­kry het, is Dob­son nie te be­kom­merd nie.

“Dit was nie ’n ge­val van ek wat die sweep moes klap nie. Ons het net t­wee dae ge­had om met ’n nu­we span voor te be­rei [vir die stryd teen die Vry­staat],” sê hy.

Van­dees­week is die WP aan­sien­lik ster­ker, met die plaas­ver­van­gers Mi­cha­el Kum­bi­rai en Mi­chal Ha­z­nar die e­nig­ste spe­lers in die 22-tal wat nie Su­per­rug­by-er­va­ring het nie.

Ha­z­nar, wat dié week die plaas­ver­van­ger-sen­ter is, word in die nr. 13trui deur EW Vil­joen ver­vang. Kum­bi­rai is weens Wil­co Louw se knie­be­se­ring die vas­kop­stut op die bank.

T­wee S­pring­bok­ke wat in Ju­nie se reeks teen Frank­ryk ge­speel het – die ha­ker Bon­gi M­bo­nam­bi en die vleu­el Dil­lyn Leyds – is ook in die be­gin­span. In­dien hul­le die Bok-groep haal wat mô­re aan­ge­kon­dig word, is dit on­waar­skyn­lik dat hul­le vir Woens­dag se wed­stryd teen die G­rie­kwas in Kim­ber­ley be­skik­baar sal wees.

’n An­der staat­ma­ker van die S­tor­mers wat dié week weer be­skik­baar is, is die agt­ste­man Ni­zaam Carr. Hy kan vol­gens Dob­son ook mô­re ’n groot im­pak maak.

Dob­son het in­tus­sen kers op­ge­steek by die SA o.20-span se be­stuur­span oor die uit­da­ging wat voor­lê om drie wed­stry­de bin­ne die be­stek van ’n week te speel. “Ons gaan Dins­dag Kim­ber­ley toe moet reis vir Woens­dag se wed­stryd en Don­der­dag te­rug­keer voor­dat ons Sa­ter­dag teen die Blou Bul­le op Nu­we­land speel,” sê Dob­son.

“Die spe­lers se werk­la­ding is die kwes­sie. Da­mi­an Wil­lem­se is 19 en dis dalk ’n bie­tjie rof om van ie­mand soos hy te ver­wag om drie wed­stry­de bin­ne se­we dae te speel.

“Die sleu­tel gaan wees om die ou­ens van hul voe­te af te hou en meer tyd in span­ver­ga­de­rings as op die oe­fen­veld te be­stee om die fy­ner teg­nie­se be­son­der­he­de on­der die knie te kry,” voeg hy by.

■ SP Marais, Dil­lyn Leyds, EW Vil­joen, Dan K­riel, Se­a­be­lo Se­nat­la, Da­mi­an Wil­lem­se, Jus­tin P­hil­lips, Ni­zaam Carr, Ko­bus van Dyk, S­te­ph de Wit, JD S­chic­ker­ling, Chris van Zyl (k), Frans van Wyk, Bon­gi M­bo­nam­bi, Ali Ver­maak. PLAAS­VER­VAN­GERS: S­car­ra N­tu­be­ni, JC Jan­se van Rens­burg, Mi­cha­el Kum­bi­rai, Jo­han du Toit, Jaco Coet­zee, Ja­no Ver­maak, Mi­chal Ha­z­nar.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ni­zaam Carr

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.