2023­bod: Goeie nuus vir SA én Frank­ryk

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring het Don­der­dag sy fi­nan­si­ë­le steun aan Suid-A­fri­ka se bod vir rug­by se Wê­reld­be­ker­toer­nooi in 2023 toe­ge­sê.

Die ka­bi­net het ’n ver­soek vir waar­bor­ge ter waar­de van R2,7 mil­jard, wat deur Wê­reld­rug­by ver­eis word, goed­ge­keur.

Dít is ’n vin­ni­ge om­me­swaai deur die na­si­o­na­le re­ge­ring, wat ver­le­de jaar nog die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie( S a ru) om trans­for­ma­sie re­des ver­bied het om­te bie vir e­ni­ge groot in­ter­na­si­o­na­le toer­nooi.

Suid-A­fri­ka, Frank­ryk en Ier­land ding mee om die skou­spel in 2023 aan te bied.

Frank­ryk se bod het ’n groot hup­stoot ge­kry met die nuus dat Pa­rys na ver­wag­ting die gas­heer­stad vir die O­lim­pie­se S­pe­le van 2024 sal wees.

Lau­ra F­les­sel-Co­lo­vic, Frank­ryk se sport­mi­nis­ter, het die hoop uit­ge­spreek dat die suk­ses­vol­le O­lim­pie­se bod as lan­seer­kus­sing vir hul rug­by­bod sal dien.

“Die O­lim­pie­se bod is ’n pê­rel in die kroon van Frank­ryk se i­ni­si­a­tief om hom as ’n tuis­te vir groot in­ter­na­si­o­na­le sport­ge­beur­te­nis­se te ves­tig,” sê F­les­sel-Co­lo­vic.

“Die feit dat die O­lim­pie­se S­pe­le aan Pa­rys toe­ge­ken word, is ’n droom wat ons ge­had het. Daai droom is bin­ne ons be­reik.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Sa­ru se uit­voe­ren­de hoof, Ju­rie Roux, en Bru­ce Bec­kett, ’n lid van Suid­A­fri­ka se WB­bod­ko­mi­tee, vroe­ër van­jaar met hul bod­do­ku­men­te vir 2023 se skou­spel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.