Kings se CJ sê ook nee dan­kie vir S­tor­mers

Beeld - - Sport -

Die skit­te­ren­de los­voor­spe­ler CJ Vel­le­man kan een van die sleu­tel­spe­lers wees wie se naam bin­ne­kort as een van die Sout­hern Kings se nu­we ge­kon­trak­teer­de groep spe­lers be­kend ge­maak word.

Daar was van­jaar ge­rug­te dat die 22­ja­ri­ge Vel­le­man ’n S­tor­mer sou word. ’n Be­trou­ba­re bron in die Kings se bin­ne­kring sê eg­ter Vel­le­man gaan in Port E­li­za­beth bly.

Vel­le­man sal dalk eers oor ’n paar maan­de, of dalk eers vol­gen­de jaar, vir die Kings in die Pro14­reeks kan speel as hy wel in die groep is.

Hy her­stel steeds van ’n erns­ti­ge knie­be­se­ring wat hom hier­die jaar ver­hin­der het om in e­ni­ge wed­stry­de te speel. – Mi­cha­el G­reen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.