Lom­pe Ross lei res om bos

CRONJÉ EEN VAN LEEUS SE GRÓÓT WA­PENS

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Ross Cronjé kan as ’n rug­byf­rats be­skou word.

Dié 28-ja­ri­ge S­pring­bok­skrum­ska­kel van die Leeus kom soms lomp voor op die rug­by­veld, maar juis daar­in lê een van sy sterk pun­te.

Nes hy on­der­steu­ners met sy voor­koms op die veld om die bos lei, doen hy met sy teen­stan­ders op die veld.

An­ders as wat die ge­val met ’n spe­ler soos Joost van der West­hui­zen was, spog Cronjé ge­woon­lik nie met blits-breek­slae van­uit ’n stil­staan­de po­si­sie waar­mee hy on­der ver­de­di­gers uit­seil nie.

Hy steek eer­der vas, dink ’n oom­blik oor wat­ter kant toe en laat teen­stan­ders só in die lug gryp.

As jy hom met ’n kol­wer op die krie­ket­veld moet ver­ge­lyk, is hy eer­der ’n Gra­e­me S­mith met al­les be­hal­we ’n vloei­en­de kolf­styl as wat hy oor die e­le­gan­sie van ’n Da­ryll Cul­li­nan be­skik.

Tog is dié blon­de­kop ui­ters ef­fek­tief en deel van die hart­klop van die Leeus in hul stre­we om mô­re die nu­we Su­per­kam­pi­oen te word.

“Ek was op skool nooit die groot­ste ou­tjie nie en moes dik­wels veel gro­ter ou­ens as ek grond toe pro­beer bring.

“Ek moes dus my eie spel aan­pas om saam met daar­die veel gro­ter ou­ens as ek te kon ge­sels. As jy nie sterk is nie, moet jy slim wees, sê hul­le mos,” glim­lag hy.

“My sterk punt is om die tem­po van ’n wed­stryd te kan lees en daar­by aan te pas.

“Dit is ook be­lang­rik om goeie kom­mu­ni­ka­sie met die ou­ens om jou te hê, so­dat jul­le al­mal op die­self­de golf­leng­te is.”

Cronjé sê baie van die lof wat hy kry vir sy ont­wik­ke­ling as spe­ler moet die Leeus se pa-en­seun-kom­bi­na­sie van S­wys en Neil de Bruin toe­kom. S­wys is die Leeus se aan­valsaf­rig­ter en sy seun Neil is by die A­ka­de­mie be­trok­ke en sit ook hand by met die ag­ter­spe­lers en die skop­pers van die Leeus.

“Ver­der het JP (Fer­rei­ra, die ver­de­di­gings­af­rig­ter) ook ’n groot rol ge­speel om daar­die as­pek van my spel te help slyp,” ver­tel Cronjé.

Hy was ver­le­de week die spe­ler van die wed­stryd in die te­rug­veg­se­ge oor die Hur­ri­ca­nes in die half­eind­stryd.

K­naag die se­nu­wees hier voor die eind­stryd?

“Ek voel nie die druk nie, want ek weet ek het so­veel be­gaaf­de spe­lers en won­der­li­ke bal­spe­lers om my om die bal voor te gee, dat dit my glad nie ont­se­nu om in hier­die eind­stryd be­trok­ke te wees nie.

“Ja, daar gaan e­mo­sie wees met die eind­stryd, maar dit is hoe jy dit ver­werk wat gaan saak maak.

“Die Cru­sa­ders kan jou kwaai straf as jy hul­le toe­laat om om­ge­keer­de be­sit te kry en daar­om sal ons ons bal­be­sit goed moet be­skerm.

“Tog is daar ’n paar kwes­plek­ke in hul mon­de­ring wat ek glo ons kan uit­buit,” het hy ge­sê.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ross Cronjé by ’n los­skrum teen die Hur­ri­ca­nes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.