S­traw­we wed­stryd­pro­gram pla Haaie nie

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Haaie:

Om drie rug­by­wed­stry­de in agt dae te speel is geen grap nie, maar die Haaie dink nog nie te ver voor­uit nie.

Nee, vir nou fo­kus hul­le net op die uit­da­ging wat die aan­val­len­de G­rie­kwas van­dag in­hou, sê die brei­er, Ro­bert du P­reez.

Die Haaie het ’n uit­mer­ge­len­de week wat voor­lê. Ná hul Cur­rie­be­ker-stryd teen die Pou­blou­es in Dur­ban, reis hul­le na Gau­teng om Woens­dag teen die Blou Bul­le te speel en daar­na vol­gen- Sa­ter­dag met die Goue Leeus swaar­de te kruis.

“Ons be­na­der dit maar wed­stryd vir wed­stryd. Vry­dag is baie be­lang­rik vir ons. Maar ons moet tog voor­uit­be­plan en ons sal se­ker min­stens 25 spe­lers oor die vol­gen­de agt dae in­span,” sê Du P­reez.

Die Haaie het ver­le­de Sa­ter­dag die Pu­mas met 29-0 op Kings­park ver­slaan en dit is vir hul­le be­lang­rik om op daar­die mo­men­tum voort te bou. Du P­reez be­sef eg­ter G­rie­kwas is ’n ge­vaar­li­ke span.

Hoe­wel die Pou­blou­es hul eer­ste t­wee wed­stry­de in die reeks ver­loor het, het hul­le in al­bei stry­de – teen die Blou Bul­le en die Goue Leeus – meer as 40 pun­te aan­ge­te­ken. Hul­le het ook al­bei wed­stry­de met min­der as se­we pun­te ver­loor.

“G­rie­kwas is ’n baie goeie aan­val­len­de span. Ons het vir ons­self ge­sê ons moet ag­ting hê vir die teen­stan­ders. G­rie­kwas me­de­din­gend en as jy hul­le ’n kans gaan gee, gaan dit ’n lang dag vir jou raak.

“Daar is nie iets soos ’n mak­de li­ke wed­stryd nie,” sê Du P­reez.

Die Haaie se slot en kap­tein, Ru­an Bo­tha, het baie ag­ting vir die Kim­ber­lie­te se voor­spe­lers.

“G­rie­kwas se agt­tal is se­ker die taai­ste agt­tal teen wie ons te staan gaan kom.

“Ek het niks teen die an­der span­ne se voor­spe­lers nie, maar G­rie­kwas se pak voor­spe­lers bied al­tyd ’n reu­se-uit­da­ging,” sê Bo­tha.

“Ons as voor­spe­lers sal hul­le moet aan­vat en dan sal die ag­ter­spe­lers hul ding kan doen.”

■ Garth A­pril, Ko­bus van Wyk, Je­re­my Ward, Luk­ha­nyo Am, Sbu N­ko­si, Cur­win Bosch, Mi­cha­el Claas­sens, Dan du P­reez, Ja­c­ques Ver­meu­len, Kee­gan Da­niel, Ru­an Bo­tha (k), Ty­ler Paul, Ross Gel­den­huys, C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit. PLAAS­VER­VAN­GERS: Fran­co Marais, Ju­an Schoeman, John­Hu­bert Mey­er, Je­an Dros­te, Term M­tem­bu, Ca­me­ron W­rig­ht, In­ny Ra­de­be.

Ge­or­ge W­hi­te­he­ad, E­de­ries A­rend­se, Ter­ti­us Kru­ger, Johna­than Franc­ke, AJ Coert­zen (k), An­dré Swarts, Ru­di van Rooy­en, Jo­na­than Jan­se van Rens­burg, S­haun M­cDo­nald, RJ Lie­ben­berg, Pie­ter van Vu­ren, M­z­wa­ne­le Zi­to, E­wald van der West­hui­zen, AJ le Roux, De­von Mar­ti­nus. PLAAS­VER­VAN­GERS: Wil­mar Ar­nol­di, Ni­co­laas Oost­hui­zen, Wan­di­le Pu­tu­ma, De Wet Kru­ger, Si­as Koen, Re­nier Bo­tha, E­ric Za­na. Ras­ta Ra­si­vhen­ge.

Vu­si M­si­bi en Bla­ke Be­at­tie. Wil­lie Vos. 19:00 op Su­perS­port 1.

Fo­to: GALLO IMAGES

As die Haaie se voor­spe­lers van­aand die oor­hand teen G­rie­kwas kry, kan ag­ter­spe­lers soos die bui­te­sen­ter, Luk­ha­nyo Am, a­mok maak. Hier is Am op loop ver­le­de week teen die Pu­mas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.