Wil­lem­se vir eer­ste keer in Goue Leeus se be­gin­span

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Goue Leeus:

Die Goue Leeus het ses ver­an­de­rin­ge aan­ge­bring aan hul Cur­rie­be­ker­span vir Sa­ter­dag­aand se stryd teen die Blou Bul­le op Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria.

Die Leeus se af­rig­ting­span het as deel van ’n ro­ta­sie­be­leid weer te­rug­val op ver­skeie spe­lers wat voor­ver­le­de week in M­bom­be­la in ’n ver­loor­span ge­speel het.

Van die spe­lers wat van­dees­week weg­ge­laat is, sal mô­re die Leeus se Su­per­rug­by-span in die eind­stryd op El­lis­park on­der­steun.

Ashlon Da­vids keer te­rug as heel­ag­ter in die plek van Jaco van der Walt, ter­wyl S­tok­kies Ha­ne­kom die sen­ter is in Ja­c­ques Nel se plek.

Aphi­we Dy­an­tyi speel lin­ker­vleu­el in Anthony Vol­mink se plek.

Mar­co Jan­se van Vu­ren, wat teen die Pu­mas be­seer is, is weer fiks en neem oor as skrum­ska­kel by Dil­lon S­mit.

Andrew Beer­win­kel is ook te­rug as vas­kop­stut en kom teen ’n klom­pie van sy vo­ri­ge span­maats te staan.

Hy het nog on­langs in die Su­perS­port-uit­daag­reeks vir die Blou Bul­le ge­speel.

Die voor­ma­li­ge Kings-ha­ker Mi­cha­el Wil­lem­se sal vir die eer­ste keer in ’n Cur­rie­be­ker-wed­stryd in die Leeus se be­gin­span wees. Hy is ge­kies in die plek van Pie­ter Jan­sen. In die eer­ste t­wee wed­stry­de was Wil­lem­se op die plaas­ver­van­gers­bank.

Die Leeus het hul plaas­ver­van­gers­bank met vyf voor­spe­lers ge­laai. Mor­né van den Berg en JanLou­is la Gran­ge is die ag­ter­spe­lers op die bank.

In die Cur­rie­be­ker-reeks is daar net se­we plaas­ver­van­gers.

■ Ashlon Da­vids, Ma­dosha Tamb­we, S­tok­kies Ha­ne­kom, Jar­ryd Sa­ge, Aphi­we Dy­an­tyi, S­haun Reynolds, Mar­co Jan­se van Vu­ren, Ry­an Kan­kow­ski, Fa­bi­an Booy­sen, Ja­mes Ven­ter, Mar­vin O­rie, R­hyno Herb­st, Andrew Beer­win­kel, Mi­cha­el Wil­lem­se, Sti Sit­ho­le. PLAAS­VER­VAN­GERS: Pie­ter Jan­sen, Ni­co du P­les­sis, Bob­by de Wee, Ha­cji­vah Dayi­ma­ni, Ja­no Ven­ter, Mor­né van den Berg, Jan­Lou­is la Gran­ge.

Mi­cha­el Wil­lem­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.