Boom neem die toom by Blou Bul­le

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen Blou Bul­le:

Nol­lis Marais, die Blou Bul­le se af­rig­ter, is nie be­kend daar­voor dat hy hom nie met in­ge­wik­kel­de rug­by­te­o­rieë op­hou nie.

Dié sport is nie moei­lik nie, jy moet net wen, het hy im­mers op ’n dag skert­send ge­sê.

Die bood­skap aan sy spe­lers voor mô­re­aand se Cur­rie­be­ker-krag­me­ting met die Goue Leeus op Lof­tus Vers­feld is ook heel een­vou­dig: hou aan drieë druk, maar moe­nie weer so vry­ge­wig op die ver­de­di­ging wees nie.

Die Lig­blou­es het hul veld­tog in dié kom­pe­ti­sie t­wee we­ke ge­le­de met ’n be­moe­di­gen­de ver­to­ning teen G­rie­kwas in Kim­ber­ley be­gin.

Die be­soe­kers was flink op die aan­val en het se­we keer teen die Pou­blou­es gaan druk.

Die pro­bleem was dat G­rie­kwas self by vyf ge­leent­he­de gaan af­rond het en dit was ui­t­ein­de­lik swak ver­de­di­ging wat hul­le in die wed­stryd ge­hou het.

“Ek was te­vre­de met ons aan­val­len­de spel, maar ons sal baie be­ter moet ver­de­dig. Ons moet die ba­lans tus­sen aan­val en ver­de­dig reg­kry,” sê Marais.

Daar is in­tus­sen gis­ter by Lof­tus be­ves­tig dat Boom Prins­loo die span vir die res van die reeks sal aan­voer.

Ru­an S­teen­kamp, wat aan­vank­lik as die Bul­le se Cur­rie­be­ker-kap­tein aan­ge­wys is, het in ’n oe­fe­ning ’n bors­spier ge­skeur en sal eers vol­gen­de sei­soen weer kan speel.

■ War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el, Fran­co Nau­dé, Bur­ger O­den­daal, Ke­fent­se Mahlo, To­ny Jan­tjies, Piet van Zyl, Nic de Ja­ger, Jan­nes Kir­sten, Boom Prins­loo (k), Ru­ben van Heer­den, Ir­ne Herb­st, John­Roy Jen­kin­son, JanHen­ning Campher, Pier­re Schoeman. PLAAS­VER­VAN­GERS: Jo­han Grob­be­laar, Matthys Bas­son, A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na, S­haun A­den­dorff, An­dré War­ner, Ti­nus de Beer, JT Jack­son.

Boom Prins­loo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.