Ro­ry pos jog­gie JP om hul ‘vriend­skap te be­waar’

Beeld - - Sport -

Hy be­skou JP Fit­z­ge­rald steeds as een van sy bes­te pêl­le, sê die Ier­se gholf­spe­ler Ro­ry M­cIl­roy, maar soms moet ’n mens ’n pro­fes­si­o­ne­le ver­hou­ding be­ein­dig as jy ’n per­soon­li­ke ver­hou­ding wil be­waar.

M­cIl­roy het Fit­z­ge­rald, wat ne­ge jaar lank sy jog­gie was, on­langs on­ver­wags die trek­pas ge­gee.

“Ek het my frus­tra­sie op die baan op hom be­gin uit­haal. Dit was nie aan­ge­naam nie en ’n mens wil nie so teen­oor ’n vriend op­tree nie, maar soms dryf gholf jou tot die ui­ter­ste,” het M­cIl­roy, ’n vier­ma­li­ge wen­ner van ma­jor-toer­nooie, sy ver­ras­sen­de be­sluit ver­dui­de­lik.

Hy het ná die eer­ste ron­de van die B­rit­se Ope nog vir Fit­z­ge­rald ge­loof na­dat dié hom kwaai be­ris­pe het oor sy by­kans traak-my-nie-ag­ti­ge hou­ding op die baan.

Die har­de woor­de het ge­werk, want die Ier het te­rug­ge­veg en ui­t­ein­de­lik ge­sa­ment­lik vier­de in die toer­nooi ge­ëin­dig.

Maar skaars ’n dag of drie ná dié ma­jor het hy skie­lik sy ban­de met die sak­dra­er ver­breek.

M­cIl­roy het die me­dia Woens­dag, op die voor­aand van die B­rid­ges­to­ne-uit­no­di­gings­toer­nooi in die A­me­ri­kaan­se deel­staat O­hio, te woord ge­staan. In dié toer­nooi en die daar­op­vol­gen­de een sal sy bes­te vriend se­dert skool­dae, Har­ry Di­a­mond, sy sak dra.

“Ek be­skou JP steeds as een van my goeie vrien­de, maar moet jy ’n pro­fes­si­o­ne­le ver­hou­ding kort­knip om ’n per­soon­li­ke ver­hou­ding te red. En dis wat ek ge­doen het.

“Die ver­hou­ding tus­sen ’n spe­ler en sy jog­gie het maar sy hoog­te- en laag­te­pun­te. Daar was die af­ge­lo­pe jaar meer laag­te­pun­te.

“Dit was net een van daai si­tu­a­sies waar ek ge­voel het dis tyd vir ’n ver­an­de­ring. Dis klein goed­jies wat met ver­loop van tyd be­gin op­bou, klein ir­ri­ta­sies, en dan kook dit ui­t­ein­de­lik oor. Ek moes een­vou­dig die be­sluit neem, vir ons al­bei se ont­hal­we,” sê M­cIl­roy.

M­cIl­roy het in 2008, kort na­dat hy die be­roeps­ge­le­de­re be­tree het, vir Fit­z­ge­rald aan­ge­stel. Ná ’n sta­di­ge be­gin – hy het in sy eer­ste drie toer­nooie die af­sny­punt mis­ge­loop – het die wiel be­gin draai.

Die Ier se loop­baan het be­hoor­lik vlam­ge­vat. Hy het Ti­ger Woods uit die kus­sings ge­lig as die pas­aan­ge­ër in die bes­oms roep­sa­re­na en was die nr. 1spe­ler op die wê­reld­rang­lys.

Die 28-ja­ri­ge sê hy het be­sluit om Di­a­mond met sy sak toe te ver­trou vir van­dees­week se toer­nooi by die Fi­res­to­ne-bui­te­klub, so­wel as aan­staan­de week se ma­jor, die A­me­ri­kaan­se PGA-toer­nooi in C­har­lot­te.

“Ek het ie­mand no­dig wat my goed ken en dis hoe­kom ek op Har­ry be­sluit het. Hy ken die spel, hy ken my spel en hy ken my per­soon­lik­heid.

“Vir nou dra hy net vir t­wee na­we­ke my sak, maar dit kan dalk ver­leng word, wie weet. Hy het sy eie on­der­ne­ming (in Ier­land), so hy kan te­rug­keer daar­heen, maar as ons suk­ses be­haal kan die si­tu­a­sie dalk meer per­ma­nent raak,” het M­cIl­roy by­ge­voeg. – Reu­ters

Fo­to: GETTY IMAGES

Ro­ry M­cIl­roy se bes­te vriend, Har­ry Di­a­mond (regs), sal voor­lo­pig sy sak dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.