Mi­cho neem wéér lei­sels by ‘suk­ke­len­de’ Pi­ra­tes

Beeld - - Sport -

Mi­lu­tin (Mi­cho) S­re­do­je­vic, die man wat U­gan­da se Cra­nes weer laat pronk het, gaan vir ’n twee­de keer deur Or­lan­do Pi­ra­tes as af­rig­ter in­ge­span word.

Pi­ra­tes het gis­ter op hul web­tuis­te be­ves­tig S­re­do­je­vic (47) gaan die lei­sels oorneem.

Dit kom na­dat die S­weed K­jell Jo­ne­vret (55) eer­gis­ter ná vyf maan­de as brei­er be­dank het.

Hul­le het net ses van 18 wed­stry­de on­der Jo­ne­vret ge­wen.

S­re­do­je­vic van Ser­wië het ein­de ver­le­de maand ná ’n loon­ge­skil as na­si­o­na­le af­rig­ter van U­gan­da be­dank.

Hy was in 2006 en 2007 vir se­we maan­de Pi­ra­tes se af­rig­ter.

Hy was ook al by sok­ker­klubs in die Soe­dan, E­thi­o­pië en Tan­za­nië be­trok­ke en het be­ne­wens U­gan­da ook die na­si­o­na­le span van R­wan­da af­ge­rig. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.