Klaas­en se 127 vir SA A nie ge­noeg teen In­dië A

Beeld - - Sport -

Hein­rich Klaas­en se eer­ste een­dag­hon­derd­tal was nie ge­noeg om SuidA­fri­ka A on­oor­won­ne in hul driehoekige reeks teen hul e­we­knieë van In­dië te hou nie.

In­dië A het gis­ter met sy kap­tein Ma­nish Pan­dey (93*, 85 b, 5x4, 2x6) aan die spits oor Suid­A­fri­ka se naas­bes­tes ge­se­ë­vier. Daar was dra­ma op die Tuks­krie­ket­veld toe paal­tjies in die 48ste en die 49ste beurt ge­kan­tel het.

In­dië A (267/9) het eg­ter vas­ge­byt om na­el­skraap met ’n paal­tjie te wen, met net t­wee bal­le oor. Hul­le het net een lo­pie van die laas­te boul­beurt be­no­dig.

Klaas­en (127, 108 b, 12x4;3x6) het SA A vroe­ër op 65/5 uit die moe­lik­heid ge­kolf. Hy het goeie by­stand van die 19­ja­ri­ge Wi­aan Mul­der (66) ge­kry. Die t­wee het 111 om die se­wen­de paal­tjie aan­ge­te­ken. – Jo­hann de Ja­ger, es­p­n­cri­cin­fo.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.