Son­ny Bill kan nou teen Aus­sies los­ge­laat word

Beeld - - Sport -

Son­ny Bill Williams mág nou op 19 Au­gus­tus vir die All Blacks teen die Wal­la­bies uit­draf in hul Rug­by­kam­pi­oen­skaps­toets.

Dié sen­ter dien ’n skor­sing van vier wed­stry­de uit na­dat hy die B­rit­se en Ier­se Leeus­vleu­el Anthony Watson in die twee­de toets van die reeks teen die All Blacks met die skou­er in die ge­sig ge­loop het.

Nieu­See­land se rug­by­ba­se het ge­meen ’n proef­wed­stryd vir Coun­ties­ Ma­na­kau, sy pro­vin­si­a­le span, as­ook ’n oe­fen­wed­stryd sou deug as die laas­te t­wee krag­me­tings van sy skor­sing.

Na­dat Wê­reld­rug­by aan­vank­lik uit­spraak voor­be­hou het, het die or­ga­ni­sa­sie lui­dens ’n ver­kla­ring be­vind dat die be­twis­te wed­stry­de in Ni­euSee­land aan die no­di­ge kri­te­ria vir ’n skor­sing vol­doen en der­hal­we mag Williams weer van 12 Au­gus­tus af speel. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.