Een kans vir glo­rie

AC­KERS VRA 80 MI­NU­TE SE TOE­WY­DING K­riel bra lug­tig vir ’Sa­ders

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Leeus:

Gee my jul­le al­les vir 80 mi­nu­te so­dat ons – wat ook al ge­beur – nie ná die tyd e­ni­ge be­rou hoef te hê nie.

Dit is die plei­dooi van Jo­han Ac­ker­mann, af­rig­ter van die Leeus, aan sy spe­lers voor mô­re se Su­per­rug­by-eind­stryd op El­lis­park in Jo­han­nes­burg teen die Cru­sa­ders.

Ac­ker­mann het gis­ter die vyf­de ag­ter­een­vol­gen­de keer die­self­de be­gin­span aan­ge­kon­dig.

Hy sê hy wil sien dat sy spe­lers be­ter be­gin as wat die ge­val die af­ge­lo­pe t­wee we­ke teen die Haaie en die Hur­ri­ca­nes was toe die Leeus tel­kens met rus­tyd ’n groot ag­ter­stand ge­had het.

“Ons vas­te fa­set­te moet ook goed wees, maar dan wil ek ook hê dat die spe­lers met vry­heid speel en hul­self op die veld uit­leef.

“Dit gaan no­dig wees om die klein din­ge­tjies reg te doen om bo uit te kom,” sê Ac­ker­mann.

Vol­gens hom is die Cru­sa­ders ’n span wat jou te e­ni­ger tyd kan straf.

“Hul­le het net ’n hal­we kans no­dig om drieë te druk en hul agt­tal is van die bes­te ter wê­reld. Boon­op het hul­le ge­noeg van die X-fak­tor tus­sen hul drie­kwar­te en jy moet ver soek om swak­plek­ke in hul mon­de­ring te vind,” sê hy.

Jaco K­riel, die Leeus se kap­tein, glo nie die span se suk­ses, al dan nie, sal net be­paal word deur wat mô­re ge­beur nie.

“Jy moet kyk na wat die laas­te vier jaar ge­beur het om ons suk­ses te kan be­oor­deel. Sa­ter­dag sal wel ’n won­der­li­ke be­lo­ning wees vir wat ons oor die laas­te paar jaar ver­mag het, maar dit sal nie al­les­be­pa­lend wees of ons ’n suk­ses­vol­le span is of nie,” sê hy.

Hy be­skou die Cru­sa­ders se skrum- en lyn­staan­werk ook as die bes­te in die reeks, en meen dat die span nie mak­lik gaan wees om te klop nie.

K­riel maak dit ook dui­de­lik dat hy dink hy sal nooit die skoe­ne van die ge­reel­de kap­tein, War­ren W­hi­te­ley, kan vol­staan nie, “maar ek is ge­luk­kig om so­veel on­ge­loof­li­ke spe­lers om my te hê wat my kan help en by­staan”.

“Vir die mees­te van ons gaan dit die eer­ste keer wees dat ons voor ’n vol El­lis­park speel. Die la­waai sal kom­mu­ni­ka­sie op die veld be­moei­lik, want jy gaan suk­kel om die ou hier langs jou be­hoor­lik te hoor.”

■ An­dries Coet­zee, Ru­an Com­brinck, Li­o­nel Ma­poe, Ha­rold Vor­ster, Court­nall S­ko­san, El­ton Jan­tjies, Ross Cronjé, Ru­an Ac­ker­mann, K­wag­ga S­mith, Jaco K­riel (k), Fran­co Mos­tert, An­dries Fer­rei­ra, Ru­an D­rey­er, Mal­colm Marx, Ja­c­ques van Rooy­en. PLAAS­VER­VAN­GERS: Ak­ker van der Mer­we, Cor­né Fou­rie, Jo­han­nes Jon­ker, Lou­rens Eras­mus, Cy­le B­rink, Faf de K­lerk, Ro­han Jan­se van Rens­burg, Syl­vi­an Ma­hu­za.

Fo­to: GETTY IMAGES

As die Leeus se bons­bal­plaas­ver­van­ger Ak­ker van der Mer­we mô­re op die Cru­sa­ders los­ge­laat word, sal hy sy 50ste Su­per­rug­by­ver­sky­ning maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.