Cru­sa­ders moet uit ’Ca­nes­fou­te leer, sê brei­er

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

S­cott Ro­bert­son, die Cru­sa­ders se brei­er, het die Leeus se half­eind­stryd ver­le­de week teen die Hur­ri­ca­nes deeg­lik ont­leed.

Die Cru­sa­ders sal ge­volg­lik die no­di­ge tak­tie­se aan­pas­sings maak om te ver­se­ker hul­le ver­my die slag­ga­te wat die Hur­ri­ca­nes nié kon sy­stap in hul ne­der­laag van 29-44 nie.

Die Cru­sa­ders speel mô­re op El­lis­park teen die Leeus in die Su­per­rug­by-eind­stryd na­dat hul­le die C­hiefs ver­le­de week met 27-13 in hul half­eind­stryd in ’n nat Chris­t­church ge­klop het.

“Ons moet be­slis tak­ties aan­pas. Ons het die laas­te paar we­ke in nat toe­stan­de ge­speel en Sa­ter­dag gaan dit droog wees. Ons is nou op ’n gro­ter ver­hoog en die in­ten­si­teit is ui­ter­aard ho­ër,” sê Ro­bert­son.

Dié af­rig­ter, wat van­jaar die eer­ste keer aan die s­tuur van ’n Su­per­rug­by-span is, voel hy weet nou meer oor die Leeus na­dat hy hul half­eind­stryd ont­leed het.

“Hul­le kan die bal ’n myl ver skop. Ons het ge­luk­kig ook ou­ens wat die bal ver kan skop. Die Leeus se stryd teen die Hur­ri­ca­nes was ui­ter­aard ’n wed­stryd van t­wee helf­tes. Die Leeus het tak­ties aan­ge­pas waar hul­le moes. So dit is van kri­tie­ke be­lang dat ons uit daar­die wed­stryd leer,” sê Ro­bert­son.

Die brei­er wou nie die Hur­ri­ca­nes se ne­der­laag aan die lug­druk in Jo­han­nes­burg toe­skryf nie. Hy glo ook nie dit sal ’n im­pak op sy span hê nie.

“Jy moet pun­te aan­te­ken om eind­stry­de te wen. Die Hur­ri­ca­nes het nie ge­noeg pun­te aan­ge­te­ken nie, hoe­wel hul­le ge­leent­he­de ge­had het. Die Leeus het in die laas­te paar mi­nu­te baie pun­te aan­ge­te­ken. Maar ons is fiks,” sê Ro­bert­son.

Daar was van­dees­week van­uit Ki­wi-land ver­skeie klaag­lie­de­re oor die aan­stel­ling van SuidA­fri­ka se Jaco Pey­per as die skeids­reg­ter vir die eind­stryd.

Ro­bert­son het sy lyf di­plo­maat ge­hou toe hy gis­ter met ’n vraag oor Pey­per ge­kon­fron­teer is.

“Jaco is ’n skeids­reg­ter van ge­hal­te. Ons moes voor die uit­speel­stry­de die skeids­reg­ters pun­te gee en ons het vir hom die mees­te ge­gee. So op grond daar­van ver­dien hy om in die eind­stryd te blaas.

“Jaco is er­va­re en hy knak nie on­der druk nie. Ek is se­ker hy het die ver­moë om te blaas wat hy sien en e­ni­ge e­mo­sie op­sy te skuif.”

Vol­gens Ro­bert­son speel die reg­te span­ne in die eind­stryd.

“Die eind­stryd is ’n ge­pas­te be­lo­ning. Men­se weet ook dit is ’n groot ge­leent­heid, want daar gaan 63 000 men­se op El­lis­park wees. Die t­wee span­ne het uit­een­lo­pen­de roe­tes tot die eind­stryd ge­had, maar die t­wee bes­te span­ne het dit ge­maak.”

Die Cru­sa­ders gaan met die­self­de 23-tal as die een wat die C­hiefs ge­klop het na El­lis­park op­ruk.

Daar was deur die week twy­fel of die All Black-kap­tein en agt­ste­man, Kie­ran Re­ad, en die All Black-stut O­wen Franks be­skik­baar sou wees na­dat hul­le lig­te be­se­rings teen die C­hiefs op­ge­doen het, maar hul­le is fiks ver­klaar. “Hul­le is al­bei 100% reg. Dit is ’n groot luuk­se om ’n on­ver­an­der­de 23-tal te kan kies,” sê Ro­bert­son.

■ Da­vid Ha­vi­li, Is­rael Dagg, Jack Good­hue, Ry­an Crot­ty, Se­ta Ta­ma­ni­va­lu, Ri­chie Mo’un­ga, Bryn Hall, Kie­ran Re­ad, Matt Todd, Jor­dan Tau­fua, Sam W­hi­te­lock (k), S­cott Bar­rett, O­wen Franks, Co­die Tay­lor, Joe Moody. PLAAS­VER­VAN­GERS: Ben Fun­nell, Wy­att Croc­kett, Mi­cha­el Alaal­a­toa, Lu­ke Ro­ma­no, Pe­ter Sa­mu, Mit­chell Drum­mond, Mitch Hunt, Ge­or­ge B­rid­ge.

Fo­to: GETTY IMAGES

Kie­ran Re­ad, die Cru­sa­ders se agt­ste­man, is slag­ge­reed om die Leeus mô­re te pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.