Seer rug kan P­hi­lan­der poot­jie

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg En­ge­land (waar­skyn­lik):

Suid-A­fri­ka se krie­ket­span, wat van van­dag in Man­ches­ter moet veg om ’n reeks­ne­der­laag teen En­ge­land af te weer, is op he­te ko­le oor die fiks­heid van sy bes­te bou­ler in dié reeks.

ES­P­N­Cri­cin­fo be­rig dat Ver­non P­hi­lan­der met ’n rug­spas­ma suk­kel en dat die span­be­stuur eers van­og­gend, en­ke­le ure voor­dat die vier­de en laas­te toets be­gin, ’n fi­na­le be­sluit oor dié naat­bou­ler sal neem.

P­hi­lan­der het tot dus­ver tien paal­tjies in die eer­ste drie toet­se ge­neem, maar dit was sy af­we­sig­heid in die der­de toets – toe hy met ’n maag­aan­doe­ning ge­suk­kel het – wat sy waar­de op­nuut on­der­streep is.

P­hi­lan­der (32) het op die eer­ste drie dae van die toets op die O­val ge­reeld die veld ver­laat en in dié tye het die Pro­te­as se bou­l­aan­val een­vou­dig nie die­self­de slaan­krag ge­had nie.

“Jy kan in e­ni­ge bou­l­aan­val voel as daar iets skort.

“Ek is ’n be­lang­ri­ke deel van die bou­l­aan­val en ek kon voel die in­ten­si­teit was nie reg nie,” het P­hi­lan­der vroe­ër van­dees­week ge­sê.

’n Groot deel van die fo­kus ná die Pro­te­as se ne­der­laag op die O­val was op Suid-A­fri­ka se bro­se kolf­werk.

Slegs De­an El­gar en tot ’n min­de­re ma­te Tem­ba Ba­vu­ma het met eer uit die stryd ge­tree.

As ’n mens eg­ter te­rug­kyk na die toets in sy ge­heel, kan jy ook die ar­gu­ment voer dat die Pro­te­as se on­ver­moë om En­ge­land – in guns­ti­ge boul­toe­stan­de – goed­koop uit te haal in sy eer­ste kolf­beurt hom ui­t­ein­de­lik die toets ge­kos het.

En­ge­land het in be­wolk­te toe­stan­de – op ’n blad wat bou­lers be­voor­deel het – 353 aan­ge­te­ken. ’n Tel­ling van net meer as 200 sou veel na­der aan die “baan­sy­fer” ge­wees het.

Dit het toe by­ko­men­de druk op die SA kol­wers ge­laai en hul­le kon nie die mas op­kom nie.

Hoe­wel Hei­no Kuhn met die kolf mis­luk het in sy eer­ste drie toet­se, lyk dit of die Pro­te­as vir eers met hom as ’n aan­vangs­kol­wer gaan vol­hard.

Suid-A­fri­ka se keur­ders moet eg­ter nou be­sluit of hul­le die kolf­lys met ’n by­ko­men­de spe­si­a­lis gaan ver­sterk en of hul­le gaan vol­hard met vyf bou­lers.

As P­hi­lan­der nie kan speel nie, sal dit hul be­sluit­ne­ming nog meer kom­pleks maak. Gaan hy dan eer­der deur ’n kol­wer ver­vang word, of sal sy plek deur Du­an­ne O­li­vier of die jong veel­sy­di­ge spe­ler An­di­le P­hehluk­wa­yo ge­neem word?

O­li­vier het glad nie op dreef ge­lyk in die twee­de toets nie. P­hehluk­wa­yo, wat al suk­ses vir Suid-A­fri­ka in een­dag­krie­ket be­haal het, is op sy beurt weer on­be­proef op toets­vlak.

■ Alas­tair Cook, Ke­a­ton Jen­nings, Tom We­st­ley, Joe Root (k), Da­wid Malan, Jon­ny Bair­stow, Ben S­to­kes, Moeen Ali, S­tu­art Bro­ad, To­by Ro­land­Jo­nes, Ja­mes An­der­son.

De­an El­gar, Hei­no Kuhn, Hashim Am­la, Quin­ton de Kock, Faf du P­les­sis (k), Tem­ba Ba­vu­ma, Ver­non P­hi­lan­der, Chris Mor­ris, Kes­hav Ma­ha­raj, Ka­gi­so Ra­ba­da, Mor­né Mor­kel.

12:00­14:00; 14:40­16:55; 17:00­ 19:30.

Ver­non P­hi­lan­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.