‘SAL gaan nie geld ver­niet kry’

Vo­da­com­baas na lug­diens

Beeld - - NUUS - Fran­cois Wil­li­ams

Dit is vir Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, ’n ver­leent­heid dat die pro­ble­me by die SuidA­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) nie gou­er uit­ge­pluis is nie.

“Dit verg nie ’n MBA-stu­die of dok­to­ra­le te­sis om die op­los­sings te vind nie. Dit is van­self­spre­kend,” sê hy.

Gi­ga­ba sê die aan­stel­ling van Vuy­a­ni Ya­ra­na van Vo­da­com as nu­we uit­voe­ren­de hoof van die SAL, wat gis­ter aan­ge­kon­dig is, is maar een stap om die lug­diens reg te ruk.

In die af­ge­lo­pe vier jaar was daar vyf hoof­de, en dit het be­stuur s on­sta­bi­li­teit ge­skep.

Gi­ga­ba wil ook ’n plat­ter be­stuur­struk­tuur hê.

’n Han­dels­hoof moet nog aan­ge­stel word, “want sa­ke­be­slui­te moet vin­nig ge­neem word”.

Gi­ga­ba het er­ken dat die SAL erns­ti­ge kort­ter­myn-geld­pro­ble­me het.

Hy meen die SAL se tal­le uit­da­gings hou nie net ver­band met ’n ge­brek aan vaar­dig­he­de in die top­be­stuur of die uit­da­gings van die in­ter­na­si­o­na­le e­ko­no­mie nie.

Al­le an­der lug­diens­te het die­self­de uit­da­gings en die SAL het dus nie ’n ver­sko­ning nie.

An­der din­ge die­per in die lug­diens se be­stuur moet ook ver­be­ter, soos IT-stel­sels wat vin­ni­ger kan re­a­geer op ver­an­de­rin­ge en die roe­te­net­werk wat ge­op­ti­ma­li­seer moet word, met nie­wins­ge­wen­de roe­tes wat moet weg­val.

Die pro­duk­ti­wi­teit van die SAL se vlie­ë­niers en hul ver­goe­ding struk­tuur moet ook ver­ge­lyk word met lug­diens te van soort­ge­ly­ke groot­te.

Gi­ga­ba het aan die staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies (S­kof) in die par­le­ment ge­sê die SAL se kon­tant­vloei pro­ble­me hoef nie so in­ge­wik­keld te wees nie. Daar is “laag­han­gen­de vrug­te wat ge­pluk kan word” wat hy in sy me­di­um­ter­myn be­gro­tings­raam­werk in Ok­to­ber sal aan­kon­dig.

Vroe­ër het die te­sou­rie ge­sê se­ke­re nie­stra­te­gie­se staats­ba­tes gaan ver­koop word om die SAL te her­ka­pi­ta­li­seer.

An­go­la skuld die SAL ook nog $55 mil­joen.

Gi­ga­ba het be­ves­tig die SAL gaan nie ge­pri­va­ti­seer word nie en het ook ont­ken dat hy die staat se be­lang in Tel­kom gaan ver­koop om die SAL te help.

“Daar is nie ’n ma­nier waar­op ons geld ver­niet aan die SAL sal gee nie.”

Gi­ga­ba sê die po­li­tie­ke druk moet van die SAL ge­haal word en die pro­ses om die SAL en SA Ex­press saam te voeg, moet ver­snel word.

Hy sê daar is baie geld wat die SAL net kan skep. Dit sluit in ’n in­kom­ste van so­wat

R60 mil­joen uit kaart­jie­ver­ko­pe per maand, be­spa­rings deur die aan­spo­rings aan som­mi­ge per­so­neel­le­de te her­sien en die om­me­keer van ver­lie­se aan in­kom­ste wat tot R766 mil­joen per jaar be­dra.

Die SAL kan só na­ge­noeg R1,7 mil­jard be­spaar, as­ook ’n ver­de­re R700 mil­joen deur die be­ëin­di­ging van on­re­ël­ma­ti­ge be­ste­ding aan klein kon­trak­te.

’n Lys van nie­stra­te­gie­se ba­tes waar­van moont­lik ont­slae ge­raak kan word, sal teen Maart 2018 ge­fi­na­li­seer word.

■ Die DA sê aan­ge­sien die SAL nie ge­pri­va­ti­seer gaan word nie, gaan staats­diens wer­kers se pen­si­oe­ne ge­tei­ken word as’ n red­dings­boei om­dat die SAL in sy kor­po­ra­tie­we plan aan­ge­dui het dat die O­pen­ba­re Be­leg­gings kor­po­ra­sie oor­weeg word.

“Die DA is ten sterk­ste ge­kant daar­teen dat kwes­ba­re pen­si­oen­trek­kers ge­tei­ken word om die SAL te red en die ri­si­ko te loop om hul swaar­ver­dien­de geld te ver­loor,” het Alf Lees, DA­woord­voer­der oor fi­nan­sies, ge­sê.

Fo­to: SAMSON RATSWANA, DAILY SUN

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.