’n Laas­te kans om Zu­ma te stuit

Beeld - - NUUS - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die mo­sie van wan­troue vol­gen­de week is die “laas­te po­ging” om ’n kor­rup­te pre­si­dent (Ja­cob Zu­ma) te keer om die land heel­te­mal te ver­nie­tig.

So het op­po­si­sie­par­tye en bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies gis­ter ge­sê in die aan­loop tot die mo­sie van wan­troue wat Dins­dag in die par­le­ment ge­de­bat­teer sal word.

Die par­tye het Woens­dag ver­ga­der en be­sluit om Dins­dag­og­gend ’n mas­sa­op­tog deur die Kaap­se mid­de­stad na die par­le­ment te hou voor­dat LP’s in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring oor Zu­ma se lot stem.

Ban­tu Ho­lo­mi­sa, UDM-lei­er, het gis­ter na­mens al­le op­po­si­sie­par­tye en die bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies in ’n ver­kla­ring ge­sê Suid-A­fri­ka word met Zu­ma as staats­hoof deur die groot­ste kri­sis se­dert 1994 in die ge­sig ge­staar.

“Se­dert Zu­ma pre­si­dent ge­word het, het hy die stra­te­gie­se wins­te van ons ont­lui­ken­de de­mo­kra­sie om­ge­keer.

“Ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners voel nou die ska­de wat deur hier­die ge­kaap­te man ver­oor­saak is. Die e­ko­no­mie val uit­me­kaar, fa­brie­ke en my­ne sluit en dui­sen­de ver­loor hul werk.

“Fa­mi­lies is ge­doem tot hon­ger en aan die nood­lot oor­ge­laat. Ons staat is aan ’n bui­te­land­se fa­mi­lie ver­koop. Mi­nis­ters word aan­ge­stel om die be­lan­ge van be­denk­li­ke in­di­vi­due te dien wat die tou­tjies uit Saxon­wold trek.

“Dié ver­rot­ting moet ge­stop word,” het Ho­lo­mi­sa ge­sê.

Vol­gens hom sal Zu­ma se ver­wy­de­ring nie al die pro­ble­me in die land op­los nie, maar sal dit die be­gin van ’n her­bou­ings­pro­jek wees wat drin­gend no­dig is.

“As ’n land brand, is daar nie tyd vir klein­li­ke en po­li­tie­ke ge­skil­le nie.”

Vol­gens Ho­lo­mi­sa is dít die gees wat op­po­si­sie­par­tye en die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing saam­ge­bring het om han­de te vat met al­le pa­tri­o­tie­se Suid-A­fri­ka­ners wat die toe­koms van hul kin­ders wil be­skerm.

Hy sê Dins­dag sal ook ge­skied­kun­dig wees en aan lands­bur­gers die ge­leent­heid bied om te sê: Ge­noeg is ge­noeg.

Der­dui­sen­de Suid-A­fri­ka­ners sal deur die be­plan­de mas­sa­op­tog vol­gens Ho­lo­mi­sa ook ’n dui­de­li­ke bood­skap aan LP’s kan stuur om saam met die men­se van Suid-A­fri­ka te staan om Zu­ma te ver­wy­der.

“Die vol­gen­de ver­kie­sing is in 2019 waar op­po­si­sie­par­tye met die ANC sal mee­ding. Ons aan­vaar dit.

“Die op­tog en stem­ming is daar­om ’n po­ging om ’n kor­rup­te pre­si­dent te ver­wy­der.”

Fo­to: CITY PRESS

Ban­tu Ho­lo­mi­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.