S­pea­ker ‘het tot 09:00 om te sê oor stem­me­ry’

Beeld - - NUUS - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die DA het Ba­le­ka M­be­te, s­pea­ker van die par­le­ment, tot 09:00 van­og­gend tyd ge­gee om haar be­sluit oor ’n ge­hei­me stem­ming al dan nie ná die de­bat Dins­dag oor die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma be­kend te maak.

John Steen­hui­sen, hoof­sweep van die DA, het die eis in ’n brief aan M­be­te ge­stel. Hy het ge­sê as sy nie ge­hoor gee nie, sal die DA reg­stap­pe doen, be­rig News24.

On­der­tus­sen het Jack­son Mt­hem­bu, hoof­sweep van die ANC, gis­ter by die par­le­ment aan joer­na­lis­te ge­sê vir sy par­ty se LP’s om teen Zu­ma in die wan­trou­e­de­bat te stem, sal wees soos om ’n kern­bom oor Suid-A­fri­ka te laat ont­plof.

“Ons kan nie ten guns­te van ’n mo­sie van wan­troue stem wat die land en die re­ge­ring in­een sal laat stort nie.”

Vol­gens Mt­hem­bu sal die steun van so ’n mo­sie, wat deur op­po­si­sie­par­tye on­der lei­ding van die DA in­ge­stel is ná Zu­ma se ka­bi­net­s­kom­me­ling op 31 Maart, ’n pre­se­dent skep waar op­po­si­sie­par­tye ’n de­mo­kra­ties ver­ko­se re­ge­ring kan ver­wy­der.

Ver­skeie ANC-LP’s soos De­rek Ha­ne­kom, Pra­vin Gord­han en Mak­ho­si K­ho­za het vroe­ër reeds aan­ge­dui dat hul­le nie die ANC­be­sluit sal steun om die mo­sie te ver­werp nie.

Mt­hem­bu het ge­sê ANC-LP’s is net so be­kom­merd oor die in­vloed van die Gup­tas en staat­skaping op Suid-A­fri­ka, maar sal nooit op­po­si­sie­par­tye steun om hul re­ge­ring om­ver te werp nie.

Vol­gens Mt­hem­bu weet hy ook nie waar De­rek Ha­ne­kom, ANCLP, aan sy sy­fers kom nie na­dat hy Don­der­dag in Kaap­stad ge­sê het meer as 50% van die ANCLP’s is erg ont­steld oor staat­skaping en wil hê dat daar gou daar­teen op­ge­tree moet word.

“Ek is die ANC-hoof­sweep en ANC-LP’s sê self dat hul­le nie saam met die op­po­si­sie sal stem om die ANC-re­ge­ring te ver­wy­der nie.”

Mt­hem­bu sê Dins­dag se mo­sie is net ’n “po­li­tie­ke truuk” van op­po­si­sie­par­tye vir po­li­tie­ke ge­win ten kos­te van die land.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Jack­son Mt­hem­bu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.