Heel­pad van Doer On­der vir groot stryd

‘Gaan baie e­mo­si­o­neel wees’

Beeld - - NUUS - Si­mon Son­ne­kus

Nie eens die 11 142 km tus­sen Ne­w­cas­t­le aan die wes­kus van Aus­tra­lië en Jo­han­nes­burg kon in die pad staan van ’n Leeus-on­der­steu­ner om sy span in die Su­per­rug­by-eind­stryd teen die Cru­sa­ders te sien nie.

An­dré van der Berg (38), wat in 2010 na Ne­w­cas­t­le na­by Syd­ney ver­huis het, sê geen af­stand is te groot om sy ge­lief­de Leeus in ak­sie te sien nie. Hy het in die mid­der­nag­te­li­ke ure, toe daar slegs ’n paar mi­nu­te se speel­tyd oor was in die half­eind­stryd, be­sluit om sy vlieg­kaart­jie te koop.

“Ek het al in Fe­bru­a­rie vir my vrou ge­sê as die Leeus die eind­stryd haal, is daar nie ’n ma­nier dat ek dit gaan mis­loop nie, al is dit waar ook al,” sê Van der Berg.

Hy het sy wek­ker sog­gens vir tus­sen 02:00 en 03:00 ge­stel tel­kens wan­neer sy span in die Su­per­rug­by­reeks speel.

Sy twee we­ke oue seun­tjie, dog­ter en vrou, Va­nes­sa, het by die huis ge­bly.

“My vrou wou eint­lik nie ge­had het ek moes kom nie, maar so ’n paar we­ke te­rug het sy be­sluit ek mag kom kyk. Sy het vir my ’n ly­sie saam­ge­stuur van goed wat ek van Suid-A­fri­ka af moet saam­bring,” sê hy.

Dié boor­ling van Al­ber­ton in die sui­de van die Oos-Rand het as seun in 1986 vir die eer­ste keer ge­sien hoe speel die Leeus.

“Dit was ’n wed­stryd teen Noord-Trans­vaal, toe Naas Bo­tha nog vir hul­le ge­speel het. Al wat ek kan ont­hou, is hoe hy die ar­me Leeus daar­die dag stuk­kend ge­skop het,” sê Van der Berg, wat ver­le­de jaar nog ge­kyk het hoe die Leeus teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton ver­loor het.

“Ek het daar­die dag ver­lief ge­raak op die Leeus en ver­der el­ke sei­soen van hul­le ge­volg.”

Oor die te­rug­keer na sy ge­lief­de El­lis­park, wat hy laas in 2010 be­soek het, sê Van der Berg dit gaan baie e­mo­si­o­neel wees.

“Dit gaan voel as­of ek op die veld draf. Ek gaan se­ker baie e­mo­si­o­neel wees wan­neer ek op daar­die pa­vil­joen sit,” sê hy.

An­ders as ver­le­de jaar is Van der Berg oor­tuig dat die Leeus van­jaar sal wen.

“Ac­kers (Jo­han Ac­ker­mann, Leeus-af­rig­ter) sal ver­se­ker dat die span sy al­les gee vir sy laas­te 80 mi­nu­te. Ek glo hul­le sal met 17 pun­te wen,” sê hy.

■ ’n An­der ge­troue Leeus-on­der­steu­ner, An­dries Com­brinck (31) van Kru­gers­dorp wat al saam met die Leeus na Ja­pan en Nieu-See­land ge­toer het, glo die span van die Goud­stad weet hoe om die eind­stryd te be­klink.

“Die kan­se sal al­tyd 50% wees, maar van­weë die om­stan­dig­he­de het hul­le ’n fan­tas­tie­se kans ,” sê dié sei­soen kaart­jie­hou­er.

An­dries se broer, Jo­han, het spe­si­aal uit Zam­bië ge­vlieg om by van­dag se wed­stryd te wees.

An­dré van der Berg saam met War­ren W­hi­te­ley, in daar­die sta­di­um die Leeus se kap­tein, by ’n Su­per­rug­by­wed­stryd in Aus­tra­lië.

An­dré van der Berg se hoed is pu­re leeu­ple­sier. Hier is hy ty­dens 2016 se Su­per­rug­by­eind­stryd in Wel­ling­ton, Nieu­See­land. Sy be­ken­de rooi hoed het ook heel­pad saam met hom na Jo­han­nes­burg ge­reis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.