Oo­reen­koms met be­to­gers be­reik ná pro­tes teen swart skool­hoof

Beeld - - NUUS - Ja­na Marx

Leer­lin­ge aan die K­lip­spruitWes Se­kon­dê­re S­kool is gis­ter te­rug s­kool toe ná ’n uit­ge­rek­te pro­tes oor die aan­stel­ling van ’n skool­hoof.

Die Gau­teng­se de­par­te­ment van on­der­wys het Don­der­dag met die be­stuurs­ko­mi­tee van die s­kool en in­wo­ners van El­do­ra­do­park en om­lig­gen­de ge­bie­de ver­ga­der.

’n Oo­reen­koms is be­reik, maar dit is nie be­kend of die nu­we skool­hoof in die pos sal aan­bly nie.

Daar was klag­tes van die ge­meen­skap oor die aan­stel­ling van ’n swart skool­hoof by die s­kool, wat in ’n tra­di­si­o­neel bruin woon­buurt is, as­ook be­we­rings van ras­sis­me, kor­rup­sie en die wan­aan­wen­ding van skool­geld.

Dit het ge­lei tot be­to­gings, waar­in bui­te­ban­de en ’n bus Don­der­dag op die K43-hoof­weg aan die brand ge­steek is.

Die on­te­vre­den­heid met die aan­stel­ling van die skool­hoof was vol­gens An­tho­ny Wil­li­ams, ’n ge­meen­skaps­lei­er, nie ’n ras­se­kwes­sie nie, maar eer­der ’n be­wys daar­van dat die staat nie om­gee vir bruin men­se nie.

Hy ver­wys na die be­we­ring dat die groot­ste deel van die bruin ge­meen­skap werk­loos is en nie die ge­leent­heid ge­kry het om om die pos van skool­hoof aan­soek te doen nie.

Wil­li­ams is te­vre­de met die oo­reen­koms, wat ook maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se kwes­sies in die ge­bied ta­kel.

“In die oo­reen­koms doen ons ’n be­roep op die de­par­te­ment om bruin men­se deur werk­ge­leent­he­de te be­mag­tig,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.