Pa ver­lang na sy Pop­pie­kind

Haar graf vir 4de ver­jaar­dag ver­sier

Beeld - - NUUS - Han­ti Ot­to

Een­dag sal hul­le twee saam met die en­gel­tjies speel. Klein Poppie van der Merwe het gis­ter haar vier­de ver­jaar­dag son­der Pap­pa saam met die en­gel­tjies ge­vier, maar hy het ge­sorg dat die dag hier op aar­de ook spe­si­aal is.

Chris­to van der Merwe (39) se dog­ter­tjie is in Ok­to­ber ver­le­de jaar ver­moe­de­lik ver­moor. Sy was toe drie jaar oud.

Die laas­te ver­jaar­dag wat hy saam met haar ge­had het, was toe sy een jaar oud ge­word het. Daar­na het sy ge­we­se vrou, Lou­isa Koe­ke­moer, met Poppie en haar boe­tie en haar dog­ter uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik na Ora­nia ge­trek waar sy vir Ko­bus Koe­ke­moer ont­moet het. Sy het Van der Merwe, wat in We­sto­na­ria woon, se toe­gang tot die kin­ders be­perk.

Poppie se ma en stief­pa sal op 30 Ok­to­ber in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria te­reg­staan op aan­klag van moord, aan­ran­ding met die op­set om Poppie en haar boe­tie erns­tig te be­seer en ook kin­der­mis­han­de­ling van Poppie, haar boe­tie en haar 15-ja­ri­ge half­sus­ter. Al die be­weer­de mis­da­de het van Sep­tem­ber 2015 tot Ok­to­ber 2016 plaas­ge­vind.

Poppie is op 25 Ok­to­ber 2016 dood. Sy is ’n paar dae la­ter in die klein­ste kis­sie wat be­skik­baar was, be­gra­we.

“Die laas­te keer dat ek haar ge­sien het, was toe ek en my ou­ers in Sep­tem­ber ver­le­de jaar vir die kin­ders in Ora­nia gaan kui­er het. Ons was op pad om te ry toe sy ag­ter­na ge­hard­loop en ge­roep het: ‘Pap­pa! Pap­pa! Ek is lief vir Pap­pa!’ Dit was haar laas­te woor­de aan my.”

Se­dert die be­graf­nis was Van der Merwe maar min by haar graf.

“Dit het te seer ge­maak,” sê hy. Ve­ral 4 Au­gus­tus, haar ver­jaar­dag, het soos ’n berg voor hom ge­lê. ’n V­rien­din het hom eg­ter in die af­ge­lo­pe week be­graaf­plaas toe ge­vat.

“Sy het my laat sit, laat ge­sels met Poppie, ge­wys hoe vreed­saam dit eint­lik daar kan wees. Toe het ons die graf­fie skoon­ge­maak. Ons het die kop­steen­tjie ver­sier met blom­me, ’n klein prin­ses­sie­kroon en ’n goue en­gel; dit mooi ge­maak vir haar ver­jaar­dag.”

Hul­le het ook van die blom­me op an­der kin­der­graf­fies ge­sit.

“Sy sou al haar mooi goed met an­der maat­jies deel, daar­om het ons na­mens haar, en ter her­in­ne­ring aan haar, die an­der graf­fies ook op­ge­vro­lik.”

Hy het Don­der­dag­aand en gis­ter in die vroeë og­gend­u­re vir haar ’n brie­fie ge­skryf toe die slaap nie wou kom nie.

“My lief­ste Pop­pie­kind, ge­luk met jou vier­de ver­jaar­dag. Pap­pa is baie hart­seer dat jy nie van­dag hier is nie. Ten min­ste weet ek jy is Bo vei­lig by Je­sus.

“Din­ge kon so an­ders ge­wees het. Daar is so­veel din­ge­tjies wat Pap­pa saam met jou wou doen. My mei­sie­kind, weet al­tyd dat Pap­pa baie lief is vir jou.

“Ek dink el­ke lie­we dag aan jou. Ek mis jou vrees­lik. Pap­pa weet ons sal me­kaar weer een­dag sien en saam met die en­gel­tjies speel.”

■ Lou­isa en Ko­bus Koe­ke­moer is op 14 No­vem­ber 2015 ge­troud.

Lui­dens die ak­te van be­skul­di­ging het al­bei vir Poppie en haar boe­tie mis­han­del. Hul­le het glo op die kin­ders ge­skreeu, hul­le ge­slaan, ge­skop, hul ore ge­knyp of ge­trek, hul­le in y­si­ge tem­pe­ra­tu­re met koue wa­ter ge­spuit en teen so­lie­de voor­wer­pe ge­gooi.

Maat­skap­li­ke wer­kers het die kin­ders se om­stan­dig­he­de be­gin mo­ni­tor. Lou­isa en Ko­bus het eg­ter in Sep­tem­ber 2016 met die kin­ders uit Ora­nia ge­vlug en B­rits toe ge­trek. Op 25 Ok­to­ber is Poppie “erns­tig aan­ge­rand”, waar­na sy dood is.

Poppie van der Merwe het laas haar eer­ste ver­jaar­dag saam met haar pa, Chris­to van der Merwe, ge­vier. Sy sou gis­ter vier jaar oud ge­word het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.