Won­de rou ná vyf­ja­ri­ge se dood – fa­mi­lie

Beeld - - NUUS - A­let van der Walt

“Sy vra na haar twee­ling­boe­tie, maar dit is moei­lik om te sê hoe­veel klein Kir­sten reg­tig ver­staan,” sê Gil­li­an Graaff, die tan­te van Sid­ney Graaff (5), wat Woens­dag­nag oor­le­de is na­dat hy sy been vroe­ër die dag ge­breek het.

Sid­ney, van Frank­fort, se been het Woens­dag­mid­dag ge­breek toe ’n laai­graaf­wiel in ’n plaas­skuur om­ge­val en hom ge­tref het.

Sy ou­ers, SW en Le­oné, het on­mid­del­lik hulp ont­bied en sy been is op die plaas ge­spalk, waar­na hy na die Me­di­cli­nic Ve­ree­ni­ging, so­wat ’n uur se ry ver, ge­bring is, sê Gil­li­an.

’n S­kan­de­ring het ge­wys sy been is bo en on­der die knie ge­breek. Die dok­ter het ge­sê die breuk aan die ma­er­mer­rie kan met gips ge­heg word, maar sy bo­been sou ge­o­pe­reer moes word om­dat dit baie hoog en sleg ge­breek het, sê sy.

Sid­ney is die­self­de aand in die hos­pi­taal se waak­een­heid oor­le­de.

“Dit is nog rou, al­mal se won­de is rou,” sê Gil­li­an. “Die steun uit die ge­meen­skap is on­ge­loof­lik, maar dit is hoe Frank­fort se men­se is.”

SW en Le­oné kry baie on­der­steu­ning en die bood­skap­pe van me­de­lye stroom heel­dag in, sê sy.

“Dit is on­ge­loof­lik hart­seer vir al­mal op die plaas. Ons is drie ge­sin­ne wat bin­ne loop­af­stand van me­kaar woon.”

Die Graaff-fa­mi­lie – D­ries en Ber­tha, hul seuns, SW en Bar­ry, en dié se ge­sin­ne – woon al­mal op Mid­den­bult.

Sid­ney het ook twee ou­er boe­ties, Pe­dri en Mar­nus, wat nog in die la­er­skool is, en nog ’n ou­ma, Estel­le Ma­ritz.

Be­graf­nis­re­ë­lings is nog nie ge­tref nie en die lyk­skou­ings­ver­slag is nog nie be­skik­baar nie, sê Gil­li­an.

Poppie van der Merwe se graf is Vry­dag spe­si­aal vir haar ver­jaar­dag met blom­me, ’n kroon­tjie en ’n goue en­gel­tjie ver­sier.

Sid­ney Graaff

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.