Oud­Beeld­man sterf ná aan­val

Vas­ge­bind, ver­moor ná hy in­bre­ker glo ver­ras

Beeld - - NUUS -

’NVoor­ma­li­ge di­rek­teur van Nas­pers is gis­ter­mid­dag by sy huis in Kaap­stad dood na­dat hy tuis aan­ge­val is.

E­ric Wie­se (80), ’n voor­ma­li­ge fi­nan­si­ë­le di­rek­teur van Nas­pers, is 14:45 deur ’n in­bre­ker by sy huis in Oran­je­zicht oor­val.

Sy seun An­dri het die voor­val gis­ter­mid­dag be­ves­tig ter­wyl hy 18:00 nog by die huis ge­staan het waar die po­li­sie die moord on­der­soek.

“Dit blyk dat hy die in­bre­ker ver­ras het en toe is hy vas­ge­bind en dood­ge­slaan.”

An­dri het ge­rug­te ont­ken dat sy pa ge­skiet of met ’n mes ge­steek is.

Ton Vos­loo, voor­ma­li­ge Nas­pers-voor­sit­ter, het gis­ter ge­skryf: “E­ric Wie­se was een van die reg­ver­dig­ste men­se wat ’n mens ooit die voor­reg ge­had het om as kol­le­ga en vriend te ken.”

Vos­loo sê hy is tot in sy siel ge­skok oor die wre­de wy­se van Wie­se se ein­de. “E­ric sou nie ’n vlieg seer­maak nie en in sy han­del en wan­del was hy ’n toon­beeld van me­de­deel­saam­heid en diens.”

Hul ver­bin­te­nis het in 1965 in Jo­han­nes­burg be­gin waar Wie­se aan­ge­wys is as re­ken­mees­ter van Nas­pers se nu­we Son­dag­koe­rant, Die Beeld. Vos­loo was die po­li­tie­ke be­rig­ge­wer.

“Ons span het Die Beeld ge­dryf tot die vor­ming van Rap­port in 1970 en tot die skep van die dag­blad Beeld in 1974.

“Met­ter­tyd het E­ric hoof­be­stuur­der ge­word en ek re­dak­teur. On­der Wie­se se lei­ding het Beeld ’n wins­ge­wen­de koe­rant ge­word.

“Toe ek in 1984 be­stu­ren­de di­rek­teur van Nas­pers ge­word het, het ek E­ric in my top­span aan­ge­stel as fi­nan­si­ë­le di­rek­teur ná Hen­nie Con­ra­die se af­tre­de.

“Hy het sy taak nou­ge­set en ver­beel­ding­ryk uit­ge­voer en met on­der­skei­ding in die hoof- en fi­li­aal­di­rek­sies ge­dien. Hier­die ge­bo­re Por­ter­vil­ler het ’n eer­ste­klas-kop ge­had en ge­help om Nas­pers ver­der uit te bou.

“Ná af­tre­de het hy ook gees­drif­tig as trus­tee ge­dien in on­der meer die Nas­pers-Sie­ke­fonds en ook as trus­tee van die F­re­da Sel­l­trust, wat beur­se be­skik­baar stel aan Nas­per­sers wat ver­der wil stu­deer.

“Hy het ook baie ja­re in die Groo­te Kerk se kerk­raad ge­dien en was ’n waar­de­vol­le by­dra­er tot dié ge­meen­te se wel­syn.”

Vos­loo sê dat “so ’n Is­rae­liet son­der be­drog so sy dood te­ge­moet moet gaan, is ’n skry­nen­de aan­klag van die ver­val van die Suid-A­fri­kaan­se sa­me­le­wing”.

Wie­se word oor­leef deur San­nie – on­der meer ja­re lan­ge steun­pi­laar van die ACVV – hul seuns, An­dri en Ko­bus, en hul dog­ter, Tes­sa.

Hy was een van die reg­ver­dig­ste men­se wat mens die voor­reg ge­had het om te ken.

E­ric Wie­se (80)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.