Mu­seum in Bloem skors 2 ná on­der­soek

Beeld - - NUUS - – Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Rick Nut­tall is vir die twee­de keer van­jaar as die Na­si­o­na­le Mu­seum in Bloem­fon­tein se di­rek­teur ge­skors.

Dié keer is Co­bus Jan­sen van Rens­burg, die mu­seum se men­se­hulp­bron­prak­ti­syn, ook voor­lo­pig ge­skors.

Die stap­pe is ge­grond op ’n fo­ren­sie­se on­der­soek­ver­slag.

A­fri­ka M­si­mang, wat in die plek van dr. Lu­vu­yo Don­do­lo as raads­voor­sit­ter van die mu­seum waar­neem, sê die skor­sing “is deel van die nood­saak­li­ke dis­si­pli­nes en oor­sig­werk wat van ’n raad ver­wag word”.

“As raad wil ons die per­so­neel van die Na­si­o­na­le Mu­seum meer fo­kus en toe­wy­ding toe­wens om die i­ko­nie­se de­par­te­ment van kuns en kul­tuur doel­tref­fend te kan maak.”

Ge­skok­te per­so­neel­le­de sê M­si­mang het hul­le Don­der­dag al­mal by die werk by­een­ge­roep en in­ge­lig dat Nut­tall en Jan­sen van Rens­burg voor­lo­pig ge­skors is han­gen­de die uit­slag van ’n tug­ver­hoor.

Nu­tall sê hy kan nie kom­men­taar le­wer nie.

Jan­sen van Rens­burg het nie sy foon be­ant­woord nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.