S­mou­se skel op DKD­voer­tuig waar­in Oscar ver­moe­de­lik was

Beeld - - NUUS - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

S­traat­smou­se bui­te die Kala­fong-hos­pi­taal in die wes­te van P­re­to­ria het op ’n voer­tuig van die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te wat ver­moe­de­lik Oscar Pistorius ver­voer het, ge­vloek en ge­skel.

Hul­le sê hul­le is bly dat die Pa­ra­lim­pie­se at­leet uit die hos­pi­taal is, want hy hoort nie daar nie.

Lo­gan Mai­stry, woord­voer­der van die de­par­te­ment, het be­ves­tig dat Pistorius gis­ter­og­gend uit die hos­pi­taal ont­slaan is.

Hy kon eg­ter in­ge­vol­ge wet­ge­wing nie be­ves­tig dat Pistorius wel be­han­de­ling in die Kala­fong-hos­pi­taal ont­vang het nie, al het die vei­lig­heids­wag­te Don­der­dag­mid­dag ge­sê hy en van sy fa­mi­lie­le­de was daar.

Pistorius is Don­der­dag­mid­dag na die hos­pi­taal ge­haas na­dat hy glo erns­ti­ge bors­py­ne en on­ge­mak er­vaar het.

Hy dien ses jaar tronk­straf uit weens die moord op Ree­va S­teen­kamp op Va­len­tyns­dag in 2013. Hy het sy von­nis in die K­go­si Mam­pu­ru II-tronk in P­re­to­ria be­gin uit­dien, maar is in No­vem­ber ver­le­de jaar na die At­te­rid­ge­vil­le-tronk oor­ge­plaas.

Hul­le sê hul­le is bly hy is uit die hos­pi­taal ont­slaan, want hy hoort nie daar nie.

Fo­to: LISA HNATOWICZ

’n DKD­voer­tuig ver­laat die Kala­fong­hos­pi­taal, waar Oscar Pistorius glo vir erns­ti­ge bors­py­ne be­han­del is.

Oscar Pistorius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.