‘V­re­de­pro­jek kry steeds geld’

De­par­te­ment gee R20 m. per jaar – DA

Beeld - - NUUS - El­sje du Toit

Die Vry­staat­se de­par­te­ment van land­bou fi­nan­sier glo steeds die V­re­de­sui­wel­pro­jek met

R20 mil­joen per jaar.

“Al is die pro­jek nie wins­ge­wend nie, pomp die de­par­te­ment el­ke jaar mil­joe­ne in die pro­jek,” be­weer dr. Roy Jan­kiel­sohn, lei­er van die DA in die Vry­staat­se wet­ge­wer.

“Maar die de­par­te­ment moet aan­hou om geld in die pro­jek te stoot so­dat hy die maat­skap­py wat die plaas be­stuur R800 000 per maand kan be­taal.”

Zi­ma­sa M­be­wu, woord­voer­der van die de­par­te­ment, ont­ken dit.

“Die de­par­te­ment het die be­stuur van die V­re­de-sui­wel­pro­jek na die Vry­staat­se Ont­wik­ke­lings­kor­po­ra­sie (FDC) oor­ge­dra,” was haar ant­woord op al­le vrae oor die pro­jek.

Kei­tu­met­se Plaat­jies, woord­voer­der van die FDC, het die na­vrae wat aan hul­le ge­rig is, ont­vang, maar het ná ’n week nog nie kom­men­taar daar­op ge­le­wer nie.

Die na­si­o­na­le te­sou­rie het by na­vraag be­ves­tig dat die FDC die plaas na­mens die Vry­staat­se land­bou­de­par­te­ment be­stuur.

“Die pro­jek word deur die de­par­te­ment ge­fi­nan­sier om hoof­saak­lik die be­dryfs­uit­ga­wes te dek,” sê hul­le.

Vroe­ër van­jaar het die na­si­o­na­le te­sou­rie ge­sê hy kon niks van die pro­jek in die FDC se jaar­ver­slag vind nie.

“Die re­de daar­voor is om­dat dié geld as oor­drag­be­ta­lings ge­han­teer word,” het die te­sou­rie van­dees­week by na­vraag ge­sê.

Dit is vol­gens Jan­kiel­sohn nie die FDC se man­daat om pla­se te be­stuur nie.

Hy sê die pro­jek boer ag­ter­uit. “Ace Ma­gas­hu­le (Vry­staat­se pre­mier) sê dis ’n baie suk­ses­vol­le pro­jek, maar daar word geen wins ge­maak nie,” sê hy.

“Ace kan nie sê die pro­jek is vol­hou­baar as be­las­ting­be­ta­lers se geld so ver­mors word nie. Die geld word net deur die pro­jek ge­ro­teer.”

Vroe­ër van­jaar het die #Gup­taLe­aks-e-pos ver­klap dat die Gup­tas wel by die pro­jek be­trok­ke is en dat hul­le R84 mil­joen daar­uit ge­melk het.

Vol­gens Jan­kiel­sohn word net on­ge­veer 200 van die so­wat 340 bees­te op die plaas ge­melk.

“Hul­le kry dan net 15 li­ter uit el­ke koei per dag. Om ’n wins te maak, sal hul­le tus­sen 25 li­ter en 27 li­ter uit ’n koei moet kry.

“En ons het nog ’n sterk ver­moe­de dat daar van die bees­te ver­mis is.

“Die V­re­de-sui­wel­pro­jek is glad nie wins­ge­wend nie.”

Dit is on­be­kend waar­voor die melk ge­bruik word wat wel van die plaas ge­kry word.

Hoe­wel die o­pen­ba­re be­sker­mer ge­sê het dat sy ein­de Ju­nie die ver­slag oor die V­re­de-pro­jek sal uit­reik, het dit nog nie ge­beur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.