Gert gaan ‘vir die ANC’ stem Dins­dag

Beeld - - NUUS -

Gert Oost­hui­zen, ad­junk­mi­nis­ter van sport, gaan Dins­dag “teen die op­po­si­sie en vir die ANC stem” in die wan­trou­e­mo­sie in pres. Ja­cob Zu­ma in die par­le­ment.

Hy het dit aan Beeld ge­noem in re­ak­sie op die ru­briek Lood se praat­jies, wat Don­der­dag in die koe­rant ver­skyn het.

Met ver­wy­sing na daar­die fo­to en dit waar­oor hy en Zu­ma daar praat, sê Oost­hui­zen dit het ge­gaan oor die rug­by­bod vir 2013 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi.

Die re­ge­ring moes die fi­na­le goed­keu­ring gee dat hy die bod on­der­steun en die no­di­ge waar­bor­ge van R2,7 mil­jard ver­skaf.

Hy het Zu­ma kort ná die be­sluit raak­ge­loop en die pre­si­dent het hom ge­vra of hy te­vre­de is daar­mee, waar­op hy be­ves­ti­gend en met ’n hand­ge­baar ge­ant­woord het.

Zu­ma het daar­op ge­re­a­geer soos op die fo­to.

Daar­om en na aan­lei­ding van Lood se vrae, het hy ge­dink dit sal goed wees dat die le­sers hoor waar­oor dit werk­lik op daar­die oom­blik ge­gaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.