Moy­a­ne sê hy ken geen Gup­ta

Beeld - - NUUS - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Tom Moy­a­ne, kom­mis­sa­ris van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID), het gis­ter hef­tig ont­ken dat hy e­ni­ge ban­de met die Gup­ta-fa­mi­lie het.

Hy ont­ken in ’n ver­kla­ring dat hy met le­de van die Gup­ta-fa­mi­lie ge­praat het ter­wyl hy in De­sem­ber 2015 in Du­bai was. In daar­die tyd was die Gup­tas en pres. Ja­cob Zu­ma se seun Du­du­za­ne ook daar.

Twee seuns van Ace Ma­gas­hu­le, Vry­staat­se pre­mier, was toe ook in dié stad, be­rig The Ti­mes.

In dié tyd het die Gup­tas die Op­ti­mum-steen­kool­myn ge­koop en Nhlanhla Ne­ne is kort te­vo­re as mi­nis­ter van fi­nan­sies af­ge­dank.

Vol­gens The Ti­mes wys reis­do­ku­men­te Moy­a­ne was van Ju­nie 2015 tot De­sem­ber 2016 ook op vyf an­der rei­se op die­self­de tyd as die Gup­tas en hul sleu­tel­ven­no­te in Du­bai.

Moy­a­ne ver­klaar eg­ter “ka­te­go­ries dat hy nog nooit e­ni­ge lid van die Gup­ta-fa­mi­lie in sy pri­va­te of pro­fes­si­o­ne­le hoe­da­nig­heid ont­moet het nie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.