T­wee­ling vir Kahn op pad

Ef­fe be­noud oor 3 klein­tjies

Beeld - - NUUS - Teré­sa Coet­zee

Dit is nie net aan die mu­siek­front dat Kahn Mor­bee (39) van die groep The Parlotones op­win­den­de nu­wig­he­de be­leef nie, maar ook tuis.

Hy en vrou, Can­da­ce, ver­wag hul twee­ling­seun­tjies in Sep­tem­ber en boon­op het hy on­langs sy twee­de so­lo-al­bum, A Noi­se in the Void, be­kend ge­stel.

Oor die swan­ger­skap is Mor­bee, wat reeds die pa van die twee­ja­ri­ge Jaxon Mi­lo Mor­bee is, baie op­ge­won­de, maar hy sê hy vind die ge­dag­te van drie klein kin­der­tjies in die huis ook nog­al vrees­aan­ja­end.

“Ons was baie ver­ras toe ons hoor dis ’n t­wee­ling, want daar is glad nie twee­lin­ge in een van ons se fa­mi­lie nie. Can­da­ce is dié keer baie on­ge­mak­li­ker as met haar vo­ri­ge swan­ger­skap en boon­op hou Jaxon ons lek­ker be­sig.

“Hy is ’n woe­li­ge kna­pie,” sê hy.

Mor­bee het nog al­tyd ’n doel­be­wus­te po­ging aan­ge­wend om sy vrou en kind uit die me­dia te hou en is maar skug­ter om fo­to’s van hul­le te laat pu­bli­seer.

Hy het wel ’n fo­to van sy blon­de­kop­seun­tjie op sy sel­foon wat hy met trots wys. Hy sê hy was self blond toe hy ’n kind was.

“Al­mal dink hy is ’n mei­sie met daar­die lang ha­re,” lag Mor­bee.

Hy sê dit sou lek­ker ge­wees het om ’n dog­ter­tjie te hê, maar hy twy­fel of daar ná die t­wee­ling nog kin­ders gaan wees.

“Ek het eint­lik ge­dink ons is ná Jaxon al klaar!

“Dis nie al­tyd mak­lik om jou tyd tus­sen werk en jou ge­sin te ver­deel nie.”

Dat hy sy twee­de so­lo-al­bum be­kend ge­stel het, be­te­ken glad nie dat dit die ein­de van die Parlotones is nie.

Die groep is vir die res van die jaar klip­hard be­sig met kon­ser­te.

“Dis maar net vir my lek­ker om iets an­ders op my eie ook te doen en daar is ’n lek­ker ba­lans tus­sen my so­lo­werk en die Parlotones.

“Die Parlotones be­staan al by­na 20 jaar. As ’n lied­jie­skry­wer het ek ’n he­le ar­se­naal lied­jies wat daar rond­lê en nie al­les is reg­tig ti­pie­se Parlotones-mu­siek nie,” sê hy.

Mor­bee se nu­we so­lo-al­bum het be­slis ’n an­der soort klank en ge­voel as dié van die Parlotones en hy het dit doel­be­wus so ge­doen.

“Dit is lek­ker om soms ook met an­der mu­si­kan­te te werk en hul e­ner­gie en kre­a­ti­wi­teit te be­leef.”

Hy en Ka­ren Zoid het on­langs ’n baie suk­ses­vol­le land­wye toer met hul kon­sert We Could Be Di­vi­ne ge­had.

Dié twee goeie vrien­de sal be­slis in die toe­koms weer saam­werk.

Hy sal graag een­dag sy seuns­kin­ders wil leer om kri­tie­se den­kers te wees.

“Ons moe­nie goed som­mer net blin­de­lings volg en aan­vaar nie, ons moet vrae vra en sê as ons nie saam­stem nie.

“Ek is nie ’n be­cau­se I told you so-soort pa nie.”

Fo­to: HERMAN VERWEY

Kahn Mor­bee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.