Zoid se nu­we lied­jie nr. 1 op iTu­nes

Beeld - - NUUS -

Ka­ren Zoid se nu­we en­kel­snit, “Vir jou”, wat gis­ter­og­gend uit­ge­reik is, het bin­ne ’n paar uur tot die eer­ste plek op die Suid-A­fri­kaan­se iTu­nes-tref­fer­lys ge­klim.

Die lied­jie is op Zoid se nu­we al­bum, Op die oom­blik.

Die vol­le­di­ge al­bum maak op 11 Au­gus­tus sy bui­ging op iTu­nes en sal ook reg­streeks op RSG be­kend ge­stel word.

Zoid sê “Vir jou” is ’n lief­des­lied vir vol­was­se­nes.

“Wa­re lief­de is iets wat eers werk­lik waar­deer kan word deur ie­mand wat al ’n paar my­le af­ge­lê het op hier­die be­soe­del­de al­bas­ter­tjie. Die teen­woor­dig­heid van lief­de is vir my die werk­li­ke be­wys dat ons nie al­leen in die heel­al is nie.”

Zoid sê sy is uit die veld ge­slaan met die ont­vangs van die en­kel­snit. “Ons is ’n he­le span men­se wat aan hier­die pro­jek werk en dis won­der­lik om die he­le sto­rie op so ’n hoë noot te be­gin.”

Sy is die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­naar wat ’n vi­su­e­le al­bum op iTu­nes uit­reik. Die vi­su­e­le al­bum, met ’n mu­siek­vi­deo vir el­ke snit, sal op 24 Au­gus­tus uit­ge­reik word.

Mu­si­kan­te soos Beyon­cé, Dra­ke en Brad Pais­ley het al vi­su­e­le al­bums op dié plat­form uit­ge­reik.

’n Lief­des­lied vir vol­was­se­nes, sê Zoid van ‘Vir jou’

Ka­ren Zoid

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.