Pant­ser­di­no­fos­siel bes be­waar­de in sy soort

Beeld - - NUUS - El­sa­bé B­rits

’n Fos­siel van ’n ge­pant­ser­de di­no­sou­rus wat 110 mil­joen jaar ge­le­de ge­leef het, is die bes be­waar­de in sy soort wat tot nog toe ge­vind is.

Die fos­siel is ont­leed na­dat myn­wer­kers dit in 2011 in Al­ber­ta, Ka­na­da, ont­dek het. Dit het ses jaar ge­neem om dit uit die rots, wat vroe­ër deel van ’n see­bo­dem was, te haal.

Ken­ners van die Roy­al Tyr­rell-mu­seum het ge­sien sy he­le lyf was oor­trek met ’n dik, pant­ser­ag­ti­ge vel.

Vol­gens die na­vor­sers, wat hul be­vin­dings in die vak­joer­naal Cur­rent Bi­o­lo­gy ge­pu­bli­seer het, was hy 5,5 m lank en het so­wat 1 300 kg ge­weeg.

Dank­sy die goeie be­wa­ring van die fos­siel kon che­mie­se ont­le­ding van or­ga­nie­se ma­te­ri­aal ge­bruik word om die vel se pig­men­ta­sie­pa­troon te be­paal. Daar is vas­ge­stel hy het ’n rooi­bruin vel ge­had en die pant­ser het ska­du­wees oor sy lyf ge­gooi vir ka­moe­fle­ring, wat die plan­te­ter teen roof­die­re be­skerm het.

Die spys­ver­te­ring­stel­sel het ook be­houe Die vol­le­di­ge fos­siel van die ge­pant­ser­de di­no­sou­rus van 110 mil­joen jaar ge­le­de wat in Al­ber­ta, Ka­na­da, ge­vind is. Dit was 5,5 m lank en het 1 300 kg ge­weeg.

ge­bly en daar word nou on­der­soek in­ge­stel om te sien wat sy laas­te maal­tyd was.

Vol­gens die na­vor­sers is die di­no­sou­rus ná sy dood na die des­tyd­se see uit­ge­spoel waar hy vin­nig af­ge­sak het en met se­di­ment be­dek is. Dit het ge­help dat hy so goed be­waar ge­bly het. Van­dag is die om­ge­wing ’n teer­sand­myn.

’n Voor­stel­ling van hoe die groot ge­pant­ser­de di­no­sou­rus ge­lyk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.