Reu­se­ys­berg dryf reeds 5 km weg

Beeld - - NUUS - El­sa­bé B­rits

Die Lar­sen C-ys­berg wat van die laas­te oor­bly­wen­de ys­bank in Ant­ark­ti­ka weg­ge­breek het, het nou reeds 5 km weg­be­weeg.

Toe Lar­sen C (of A68) op 12 Ju­lie weg­ge­breek het, het die laas­te oor­bly­wen­de ys­bank in Ant­ark­ti­ka so­wat 10% van sy groot­te ver­loor. Dis vier keer so groot soos Lon­den, het na­vor­sers aan die U­ni­ver­si­teit van Leeds wat deel is van die B­ri­tish An­tarctic Sur­vey, on­langs ge­sê.

Sa­tel­liet­waar­ne­mings word deur­gaans met die Co­per­ni­cus Sen­ti­nel-1-sa­tel­liet ge­doen en daar­vol­gens kan hul­le sien die ys­berg dryf al hoe ver­der weg. Daar het ook 11 klei­ner ys­ber­ge ge­vorm waar­van die groot­ste 13 km lank is.

Dr. An­na Hogg, wat deel is van die na­vor­sing­span, sê in ’n ver­kla­ring die oor­bly­wen­de kra­ke in die ys­bank word al hoe gro­ter in die rig­ting van die “Ba­w­den Ice Ri­se”. Dié ge­bied ver­leen struk­tu­re­le steun aan die oor­bly­wen­de ys­bank. In­dien die ys nog meer ver­dun of die ys­bank ver­der uit­ge­kal­we word, kan dit dalk weer de­sta­bi­li­seer.

“Dit lyk of die Lar­sen C-sto­rie nog nie klaar is nie.” Die jong­ste saam­ge­stel­de sa­tel­liet­fo­to van die Lar­sen C­ys­berg, wat op 12 Ju­lie van die ys­bank in Ant­ark­ti­ka weg­ge­breek het. Let op die skaal van 20 km. Dié fo­to is deur die Co­per­ni­cus Sen­ti­nel­1­sa­tel­liet ge­neem.

Groot de­le van Lar­sen A en B, as­ook die Wil­kins 1-ys­plaat het on­der­skei­de­lik in 1995, 2002 en 2008 bin­ne dae in­een­ge­stort. Ge­o­lo­gie­se da­ta wys sul­ke groot in­een­stor­tings het nie die af­ge­lo­pe

11 000 jaar ge­beur nie.

Die na­vor­sing is van­dees­week in die vak­tyd­skrif Na­tu­re C­li­ma­te C­han­ge ge­pu­bli­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.