‘Reg­te ding’ sal jou kos

Beeld - - KOMMENTAAR - Tryna du Toit, Park­view

Men­se ver­staan nie die im­pli­ka­sies van om teen pres. Ja­cob Zu­ma te stem nie en ver­wag om­trent die on­moont­li­ke van LP’s.

As die mo­sie van wan­troue slaag, moet die ka­bi­net ont­bind en ’n nu­we pre­si­dent ge­kies word wat sy eie ka­bi­net sal aan­stel.

Ek dink nie die nu­we pre­si­dent sal Zu­ma se ou vrien­de weer aan­stel nie.

Om­dat jy “die reg­te ding” doen, sal jy jou werk en sa­la­ris van R80 000 per maand as ’n LP ver­loor. Jou le­we, soos jy dit ge­ken het, sal vir al­tyd ver­by wees. Dit maak nie saak of die stem­me­ry ge­heim is of nie, as jy teen Zu­ma stem, is jy jou werk kwyt.

Al­mal sê hul­le moet die eer­ba­re ding doen, maar sou jy?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.