Sê nou maar bly al­tyd die lek­ker­ste sê

Beeld - - KOMMENTAAR - Fran­cois Bek­ker, Lynn­wood

Ver­beel saam met my ’n drin­gen­de me­di­a­kon­fe­ren­sie Maan­dag­aand op die voor­aand van die wan­trou­e­de­bat.

Die staats­pre­si­dent wil SuidA­fri­ka­ners toe­spreek oor die de­bat en sy per­soon­li­ke vi­sie vir die land.

S­tip­te­lik 18:00 kom pres. Ja­cob Zu­ma by die me­di­a­kon­fe­ren­sie aan en word son­der ver­wyl aan die woord ge­stel. Hier­mee sy toe­spraak ver­ba­tim:

“Ek wil van­aand met al­le Suid-A­fri­ka­ners praat. Die laas­te paar maan­de is ’n som­ber beeld oor die amp van staats­pre­si­dent en my as per­soon in die me­dia ge­pro­jek­teer. Dié beeld het die re­ge­ring en die ANC in ’n baie ne­ga­tie­we lig ge­plaas.

“Dit is nie my doel om kom­men­taar te le­wer op die me­rie­te van be­we­rings teen my nie. My kom­mer is dat die trot­se re­pu­ta­sie van die ANC as be­vry­dings­or­ga­ni­sa­sie ska­de ly weens be­we­rings oor staat­skaping, ne­po­tis­me, pa­tro­naat­skap en kor­rup­sie in die al­ge­meen.

“’n Gro­ter kom­mer is dat die re­ge­ring se op­reg­te po­gings om ’n pro­gres­sie­we en in­klu­sie­we e­ko­no­mie te bou na­de­lig deur die ne­ga­tie­we sen­ti­men­te ge­raak word.

“My op­reg­te kom­mer is dat dit lyk of ek self ’n be­lem­mer­nis vir na­sie­bou en maat­skap­li­ke ko­he­sie ge­word het.

“Ek wil u ver­se­ker dat die be­lan­ge van ons land en sy men­se nog al­tyd be­lang­ri­ker as my eie per­soon­li­ke be­lan­ge was en is.

“Suid-A­fri­ka staan by ’n kruis­pad. Kon­flik kan es­ka­leer en men­se wat his­to­ries van die e­ko­no­mie uit­ge­sluit was, kan toe­ne­mend ar­mer word. Die al­ter­na­tief is ’n le­gi­tie­me re­ge­ring met ’n on­be­twis­te man­daat om e­ko­no­mie­se groei en be­vry­ding ’n werk­lik­heid vir al­le SuidA­fri­ka­ners on­der vre­de­vol­le om­stan­dig­he­de te ver­se­ker.

“Dit is om hier­die re­de dat ek ’n pa­tri­o­tie­se be­sluit ge­neem het om die amp van staats­pre­si­dent neer te lê. Ek sal die s­pea­ker vra om die par­le­ment te ont­bind so­dat ’n al­ge­me­ne ver­kie­sing ge­hou kan word.”

’n Ver­beel­dings­vlug in­der­daad. Maar sê nou maar bly nog al­tyd die lek­ker­ste sê.

‘Ek be­dank’ – pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.