Hier­die huis is en bly bes­te vir dié k­lein­boer

Oor ’n glas rooi­wyn in Ye­o­vil­le, Jo­han­nes­burg, ge­sels Jo Prins met die skry­wer K­lein­boer oor sy jong­ste boek, Hier­die huis.

Beeld - - BY -

S­kuins na 13:00 op ’n so­mer­ri­ge win­ters­dag in Ye­o­vil­le staan Fa­nie de Vil­liers bui­te sy huis in Webb­straat – sy eie klein “pa­ra­dy­sie”.

Toe hy ons ge­waar, kom hy ef­fe kop­on­der­ste­bo en ver­sko­nend die me­dia-poel­kar te­ge­moet en skud som­mer blad so deur die ven­ster.

“Ag jul­le,” sê hy, “ek wou eint­lik al die vuur aan­ge­steek het, maar ek moet nou eers gaan Po­ly­fil­la koop.”

Fa­nie, of K­lein­boer soos die mees­te men­se hom se­ker ken, was nou vir ’n week op die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein om sy nuut­ste boek, Hier­die huis, be­kend te stel. Toe hy te­rug­kom, is sy vrou, Nel­ly, be­sig met op­knap­pings “wat se­ker maar nog kon ge­bly het”.

Maar nou is die kalf in die put en ons vaar op die Son­dag Ye­o­vil­le se stra­te in op soek na kits­pleis­ter . . .

Fa­nie sit op die ag­ter­sit­plek en leun el­ke nou en dan hor­tend en drin­gend vo­ren­toe soos hy vir fo­to­graaf Lisa Hnatowicz, wat ag­ter die stuur is, be­duie waar om af te draai.

Eers ry ons ver­by ’n nag­klub met die naam Le Pe­tit Je­sus, wat Fa­nie ons ver­se­ker glad nie ’n hei­li­ge plek is nie, en dan ’n si­na­go­ge wat in­tus­sen ’n by­me­kaar­kom­plek vir an­der ge­lo­wi­ges uit A­fri­ka ge­word het.

“In die tyd toe Ye­o­vil­le bo­heems was, was hier baie Jo­de en kat­te. Nou is slegs en­ke­les oor,” skryf K­lein­boer in Hier­die huis.

Ons soek­tog na Po­ly­fil­la word ’n kits­be­sig­ti­gings­toer met Fa­nie ’n be­hen­di­ge gids wat dán links en dán regs wys, met ’n kort ver­dui­de­li­king.

“Kyk, hier is die plek waar Lun­gi (Fa­nie se vo­ri­ge vrou) dood is . . . sy’t by die trap­pe af­ge­val.

“En hier is ’n in­for­me­le e­lek­tri­si­ën,” wys hy na die on­der­kant van ’n woon­stel­ge­bou, “hy doen e­nig­iets”.

Na­dat ons by die eer­ste plek voor dooi­e­mans­deur kom en in ’n cul de sac moet om­draai, kies ons koers na ’n nóg ’n be­si­ger deel van Ye­o­vil­le waar Fa­nie met on­ge­luk­kig­heid in sy stem ver­klaar dat hy hier “teen pre­mi­um” die pleis­ter sal kry.

Hy klim uit en ons wag in die kar.

“Hou maar jul­le goed on­der die sit­plek,” sê hy so ter­loops in die weg­loop na die win­kel toe, “hier is heel­wat men­se wat ny­a­o­pe (’n straatd­welm wat ’n meng­sel is van e­nig­iets van rot­gif, was­poei­er, an­ti­re­tro­vi­ra­le mid­dels en la­e­graad­se he­ro­ïen) ge­bruik.”

Die klank­baan van Ye­o­vil­le speel voor ons af: roe­pen­de stem­me, toe­ten­de taxi’s, ’n ru­moer en ’n ge­roe­se­moes van men­se en le­wens wat kom en gaan.

Op ’n oop bak­kie voor ons kyk vier mans toe ter­wyl vis­se met snor­re soos ba­bers krul en spring en wip.

’n Laas­te gaap na lug voor­dat ie­mand hul­le in ’n vin­ni­ge tran­sak­sie op­raap vir die pan of die ko­le.

Met ’n pak­kie pleis­ter van 2 kg on­der die arm kom Fa­nie baie te­vre­de te­rug kar toe.

Op pad huis toe skop die toer­gids weer in, maar dié keer ’n an­der weer­ga­we: “Kyk daai vrou, dáár, met die tooi­sel op haar kop . . . kyk daai rok, die kleu­re.”

En dan skaars om die draai stap ’n vrou met ’n nou­pas­sen­de romp en Fa­nie lag en sê: “Kyk daar, kyk daai bou­de . . .”

■■■

By die huis by Webb­straat 66 skink Fa­nie vir ons elk­een ’n Han­sa.

Vir die braai rol hy die vel­ling van ’n mo­tor­wiel uit die ga­ra­ge om as ba­sis te dien en bo-op kom ’n ge­ha­wen­de skot­tel waar­in hy eers ’n hoop hout­skool gooi, en dan stok­kies en tak­kies wat hy ge­woon­lik uit sy tuin ver­sa­mel.

Sy vuur­aan­ste­kers is ’n stuk of tien den­ne­bol­le wat hy deur die week by sy werk, as subre­dak­teur by die koe­rant Daily Sun in Auck­land Park, ver­sa­mel.

Hy kyk na die vlam­me wat lek-lek en sê-vra dan: “Ja, wat sal ek doen as ek nie meer daar werk nie . . .”

Op 61 is Fa­nie nie ’n per­ma­nen­te werk­ne­mer van Daily Sun nie . . . hy’t ’n ruk ge­le­de ’n klein pen­si­oen ge­kry en word nou bloot as kon­trak­wer­ker in­ge­span. ’n Werk wat hy dees­dae as’t wa­re toe oë kan doen – waar die “re­sep” van die soort sto­ries wat hul­le dek, net té be­kend is.

“Maar nou is ek he­laas ’n al­fa­bet­klop­per wat in die rooi­lig­buurt gaan saag so­dat ek iets op­win­dends kan hê om oor te skryf,” skryf hy in Hier­die huis.

En waar kom die naam “K­lein­boer” dan van­daan? vra ek hom voor hy die trap­pe op die kom­buis in­skiet om ste­ak en vir ons ’n bot­tel wit­wyn te gaan haal.

“Daar waar daai row­we plan­te staan,” sê hy en wys in die rig­ting van die vuur die ag­ter­plaas in, “het ek in ’n sta­di­um spi­na­sie ge­had en ’n ris­sie­plant. Toe skryf ek vir Koos Kom­buis, hy’t daai klein tyd­skrif ge­had, Ons K­lyn­tji, maar toe skryf ek on­der ‘Fa­nie de Vil­liers’.

“Nou, daar’s die ver­war­ring met die krie­ket­spe­ler Fa­nie de Vil­liers, toe sê Koos: ‘Kry vir jou ’n skuil­naam’.”

Toe sê Fa­nie hy krab­bel te­rug, want daar’s dan Chris Bar­nard die hart­chi­rurg én Chris Bar­nard die skry­wer.

“Ag, toe dring hy (Koos) aan, toe dink ek: daar’s ris­sies en spi­na­sie en ek bly hier . . . toe kom ‘K­lein­boer’ daar uit. So, ek het dit te dan­ke aan Koos Kom­buis hier in die laat 90’s.”

Kom­buis, wat hom­self na­tuur­lik ook om­vorm het van An­dré le Roux du Toit en An­dré Le­toit, was in ’n groot ma­te ’n men­tor vir K­lein­boer.

“Koos het so baie hier kom plak (in die goeie sin van die woord) dat my vo­ri­ge vrou, Lun­gi, die skryf­ka­mer waar­in hy ge­slaap het, ‘Koos’ room’ ge­doop het.

“Hy was ’n men­tor en ’n vriend . . . ons het ver­skrik­lik baie brie­we vir me­kaar ge­skryf. Ek het nou nog ’n he­le boks vol van ons brie­we.”

Maar, sê hy, soos die le­we sy loop neem en din­ge ver­an­der, het Koos ge­trou en met ’n ge­sin be­gin en was Ye­o­vil­le nie juis meer ’n plek waar hy so ge­reeld ge­kom het nie.

“Ek het heel­wat aan hom te dan­ke . . .”

En dan ver­tel hy op­ge­won­de oor dié stuk­kie toe­val wat die le­we sy kant toe ge­deel het: “En raai wie sit langs my op die vlieg­tuig te­rug van die kuns­te­fees in Bloem­fon­tein? Koos Kom­buis!”

■■■

Ons is op die rooi­wyn.

Die “goeie rooi­wyn” wat Fa­nie in sy skryf­ka­mer bê­re on­der ’n rak met kof­fie­bot­tels vol ge­droog­de kruie en spe­se­rye . . .

Die ste­ak wat hy ge­braai het, was eint­lik net ’n voor­ge­reg­hap­pie, maar met al ons ge­sels – en al die af­draai­paad­jies wat ons in­slaan – hoop ons nou daar’s ge­noeg ko­le vir die hoen­der.

“Dit ge­beur ge­reeld,” sê hy, “om­trent el­ke Sa­ter­dag­aand. Dan’s die hoen­der nog pienk bin­ne – en dan’s Nel­ly lek­ker die moer in vir my.”

Nel­ly sit in die TV-ka­mer on­der ’n dik kom­bers en kyk in die don­ker na ’n se­pie. En Ri­car­do, Fa­nie se klein­seun, speel by men­se oor­kant die pad.

Dis am­per in­kom­tyd. Maan­dag be­gin die sko­le weer.

Tus­sen ons – dan op my skoot en dan op Fa­nie se skoot – hol ’n par­man­ti­ge klein Jack Rus­sell met die naam Roxy rond.

En Hier­die huis vra ek, die laas­te in die drie­luik ná Kon­trei en Werf­son­de, hoe voel hy oor die boek?

“Koos (Kom­buis) het des­tyds baie van Kon­trei ge­hou, toe re­sen­seer hy Werf­son­de wat toe ne­ge jaar la­ter ver­skyn het. Hy sê toe dis baie goed ge­skryf, maar hy voel nie dis ’n ver­die­ping op die eer­ste boek nie – dis maar mo­re of the sa­me.

“En hy was heel­te­mal reg . . . Kon­trei was so half die punk ro­man, die uit die heup uit vuur en Dan Roodt (van Praag) het bit­ter min ver­an­der.

“Maar die twee­de boek is toe my eer­ste bloot­stel­ling aan ’n hoof­stroom­uit­ge­wer (U­mu­zi) waar die re­di­geer­der groot in­put het.”

Uit dié pro­ses, sê Fa­nie, het hy ge­wel­dig baie ge­leer. Waar hy vroe­ër by­voor­beeld te veel in die ver­le­de tyd ge­skryf het, skryf hy nou meer in die teen­woor­di­ge tyd.

“Ek het ge­voel die twee­de boek is ’n wa­ter­trap­boek . . . my Cur­rie­be­ker-spe­lers wat ek uit­ge­stuur het. Maar nou, met Hier­die huis, hier­die is my Spring­bok­ke.”

En wat maak hy van Jo­hann Ros­souw se re­sen­sie op LitNet wat meen soos Ka­rel S­choe­man ver­dien K­lein­boer die Hert­zog­prys?

“Kyk, dis on­ge­mak­lik . . . “Maar jir­re, nou­dat ek my werk gaan ver­loor, sal daai geld da­rem wel­kom wees,” lag hy.

“Ek het dit na­tuur­lik nie vir pry­se ge­skryf nie, dis net ’n bo­nus as so iets ge­beur. Maar ek voel dis ver die bes­te boek van die drie.”

Hy ver­tel dat die aan­vank­li­ke werks­ti­tel, “om­dat daar so ver­skrik­lik baie ge­suip word”, Dors was.

En dis ook van die aan­ha­lings voor in boek van on­der an­de­re Niet­zsche en selfs uit die By­bel wat met drink of drank te doen het.

Niet­zsche s’n heel ge­pas, waar hy hier vir ons nog rooi­wyn skink in koel­drank­gla­se: “As jy nie wil dood­gaan van die dors nie, moet jy leer om uit e­ni­ge glas te drink.”

Wan­neer Fa­nie die vuur met ’n stuk kar­ton aan­blaas kom van sy neu­ro­ses uit Hier­die huis na vo­re.

“Oor daar 26 let­ters in die al­fa­bet is, waai ek die vuur van dié kant af 26 keer en 26 van daai kant . . . en dan weer al­tyd 28 keer (die aan­tal dae tus­sen vol­ma­ne) wat al­te­saam 80 maak.”

Dis ’n lot­to-spe­le­tjie met die le­we, fyn uit­ge­werk en met die kans om iets te wen so te sê nul.

Dan skop hy sy glas per on­ge­luk stuk­kend en sê half skou­er­op­ha­lend “dit ge­beur ook ge­reeld”.

Maar Fa­nie, dié k­lein­boer, het geen ver­wy­te oor die pad wat hy ge­stap het en waar­op hy steeds is nie.

Hier met sy nu­we, jong vrou, ’n “plaas­mei­sie”, ’n nu­we hond en in hier­die huis, pak hul­le die le­we met Po­ly­fil­la.

Al is dit net om die kra­ke ty­de­lik toe te maak.

■ Jo Prins is Beeld se boe­ke­re­dak­teur.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

K­lein­boer en sy klein kar­wats van ’n Jack Rus­sell, Roxy, be­loer die werf van­af die voor­stoep.

’n Boer in be­ton. El­ke Sa­ter­dag­aand steek K­lein­boer sy vuur aan en me­di­teer die nag in met ’n mout of wat . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.