Toe ‘re­lap­se’ No­ag op 601

Le Roux S­choe­man her­lees die heel mooi­ste uit­wis­sings­ver­haal.

Beeld - - BY -

No­ag was 600 toe die wol­ke be­gin saam­pak het. Hy het die seuns uit­ge­stuur om die­re en voels te gaan aan­keer. “Los eers die vis­se”.

Toe kon­tak hy daai ou met al die go­fer­hout en be­gin op ’n stuk­kie pa­pier met die om­ska­ke­ling van el na me­ter.

God het pas be­sluit om sy skep­ping te ver­nie­tig. “Al­les wat die a­sem van die le­wens­gees in die neus­ga­te ge­had het, al­les wat op die droë grond was . . .”

Hy was in ’n bad spa­ce en ons was nog nie eens op bl. 12 van Die By­bel nie.

Toe be­gin dit re­ën.

No­ag trek die hort­jies dig. Baie die­re, klein kwar­tie­re.

Regs voor, in ’n ka­mer­tjie met sleg­te kof­fie en twee har­de ban­kies het No­ag op Woens­dag­aan­de AA meet­ings ge­hou. Dik­wels al­leen.

“Hal­lo, vrien­de, my naam is No­ag en ek is 300 jaar nug­ter.” “No­ag!”

Som­mi­ge aan­de, met sy woor­de skaars hoor­baar bo die ge­klet­ter van die re­ën op die go­fer en die ge­blêr en -run­nik en -brul met die gang af, sou No­ag kort­liks sy sto­rie deel. Hoe dit was, wat ge­beur het en hoe dit nou is. “Ek weet ek het nog een re­lap­se in my, maar ek weet nie of ek nog ’n re­co­ve­ry in my het nie,” sou hy sê op aan­de wan­neer sy ge­moed swaar en sy gees neer­slag­tig was.

Die hok­ke en voer het mooi ge­hou en die ark was ver­ba­send sta­biel vir so ’n rush job, maar als was nie wel in die ark nie. Van die die­re het ge­vrek en die mis het be­gin op­hoop.

Op ’n dag het No­ag som­mer self ’n ek­stra dier ge­ska­pe – twee. ’n Sog en ’n beer. En nie klein­tjies nie, ge­slags­ry­pes. Die vol­gen­de mid­dag het hul­le me­kaar be­klim ter­wyl No­ag die seuns haas­tig uit die hok ver­jaag en self ho­ër op teen ’n re­ling gaan sit het. Soos ’n spaar-co­w­boy by ’n ro­deo. Van­daar het No­ag uit­druk­king­loos toe­ge­kyk hoe die eer­ste twee var­ke op aar­de kli­maks te mid­de van die swaar­ste re­ën­bui in mil­len­nia.

Die plan het ge­werk, die var­ke het die mis ge­vreet en daar­die lo­gis­tie­ke las ver­lig en kort voor lank het No­ag se ge­sin boon­op die eer­ste re­pies spek by hul ei­ers ge­ëet.

Maar steeds was daar fout on­der die op­per­vlak. Groot fout.

By meet­ings sou No­ag deel dat sy ge­dag­tes hom tot ra­ser­ny wil dryf.

In dro­me sou hy weer voel hoe hy hun­ker na cha­os en dan wak­ker skrik. Het ek te­rug­ge­val, sou hy in die don­ker won­der, en tas na die twee lyf­plek­ke van waar­heid: Sy ken vir stop­pels en sy ge­slag. Ty­dens sy drin­ker­dae, ná ’n deeg­li­ke ben­der, was daar­die vir hom al­tyd die mer­kers van ver­woes­ting. Hoe lank het dit ge­duur en hoe na aan die lyf is die drif ver­by.

Dan staan hy maar op, wurm sy arms deur die ja­pon se moue en gaan voer die se­bras en sê saam met die oor­bly­wen­de A­fri­can G­rey die Sere­ni­ty Pray­er op tot­dat dit bui­te lig word en die flou son­stra­le deur die pik beur en op die gang­plan­ke val.

Die ver­hou­ding tus­sen No­ag en sy vrou, Chris­tel, was ver­by. Hul­le sou as iets min­der as man en vrou op Ara­rat af­klim. ’n Sub­spe­sie tus­sen sur­vi­vors, met ’n skit­te­ren­de re­ën­boog bo hul­le vuil ha­re en moeë oë. Daar­oor was No­ag se hart bit­ter seer.

So No­ag het maar spek en ei­ers ge­maak vir die seuns en pro­beer ont­hou hoe lank God ge­sê het die Sond­vloed gaan duur. Dit het ge­klink soos 40 dae, maar ’n ou is nooit se­ker nie.

Die wind tel op. Die re­ën praat sag­ter. Die vo­ëls kom nie te­rug nie; of kom te­rug met ’n tak­kie in hul bek­kie. Die kin­ders ba­klei, Chris­tel het haar oë ont­ruim en No­ag share dat die kak draai by sy klein AA meet­ings maar toe sy voe­te grond vat bui­te die ark daai dag, kniel hy sum­mier en plant ’n paar mer­lot-stok­ke en gaan sit in sy tent en wag.

Hoe dit was, wat ge­beur het en hoe dit nou is, dink hy en druk met sy mid­del­vin­ger op sy bors­been, soos sy ge­woon­te is.

Die drui­we het ge­swel en hy’t skaars voe­te ge­was voor­dat hy be­gin pars het. Hul­le sê die cra­ving is nie vir die eer­ste sluk nie – dis die ding wat in­skop ná daai eer­ste sluk. Hier was ’n ou wat als ge­had het, wat ná sy rock­bottom uit­son­der­lik na­by aan God ge­leef het, wat eeue lank net vir van­dag ge­leef het en so­doen­de dalk dui­sen­de men­se ge­help het om nug­ter te bly. ’n Ou wat ’n ark van go­fer kon bou en ba­con uit­ge­dink het. En toe re­lap­se hy op 601.

Hy word wak­ker – vier og­gen­de la­ter. Sy swaar, son­ge­bran­de vin­gers voel na die stop­pels op sy ken soos ’n blin­de s’n oor ’n Brail­le-af­sê­brief. En dan suut­jies af na sy ge­slag, na regs in sy lies. No­ag be­re­ken die ska­de, ver­sorg die won­de in sy gees. Deur skre­fie-oë sien hy drie pa­re spo­re na sy slaap­kol in die mid­del van die tent. Twee daar­van met to­ne na die flap­deur ge­draai soos hul­le ag­ter­uit na hom ge­skui­fel het – bang om te kyk, bang om te sien. En een ry spo­re met die to­ne na hom ge­draai. Die spo­re steek vas nef­fens hom en lê diep in die stof. Dié per­soon het ver­toef; dié blik­sem het hom ver­gaap.

Nou roep hy al drie die seuns. Hier­die is nie pak­slae- of de­ten­sie­wê­reld nie. Hier­die is die Ou Te­sta­ment, die High S­ta­kes Po­ker van die vroeë skep­ping.

“Ver­vloek is Ka­na­än! ’n Kneg van die kneg­te moet hy wees vir sy broers.”

Daar­die aand nog het No­ag ’n AA meet­ing gaan by­woon. Ge­praat oor wat ge­beur het. Net sy er­va­ring, krag en hoop ge­deel met die twee an­der sie­le wat ook daar was. En toe het No­ag nog 350 jaar ge­le­we. Een dag op ’n slag.

■ Le Roux S­choe­man is Net­werk24 se hoof van mul­ti­me­dia.

Il­lus­tra­sie: HANLIE MALAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.