Die tong se dans in soet A­fri­kaans

Beeld - - BY - Piet Ma­ti­pa @Pie­tMa­ti­pa

A­fri­kaans is nou maar een­maal ’n soet taal, maak nie saak hoe hard daar pro­beer word om dit stout te maak nie. Dit be­te­ken nie jy moe­nie pro­beer nie.

Ek is al ja­re lank in ’n ver­hou­ding met A­fri­kaans en is baie lief vir hom. Hoe­kom? Want A­fri­kaans is aan­trek­lik, jonk, snaaks, slim, par­ty­keer moei­lik, maar ek ver­staan hom. A­fri­kaans is nie die e­nig­ste een by wie ek kui­er nie.

Ek is nog­al los. Ek kui­er ook by Zoe­loe, ons is al die lang­ste saam, en by Tswa­na. Ek en Tswa­na ver­dra maar me­kaar.

Dan is daar na­tuur­lik En­gels. Ek hou nie so baie van haar nie, sy was al by al­mal.

A­fri­kaans is maar my hart se punt, en dan Zoe­loe.

Ek het A­fri­kaans ont­moet toe ek agt jaar oud was. Ek het hom nie ge­ken nie. Ek is in die kin­der­huis aan hom voor­ge­stel.

Ek ont­hou nog so goed hoe ek pro­beer het om hom te ken. Die an­der kin­ders in die kin­der­huis het met my ge­praat en ek het net ge­lui­de met my mond ge­maak as­of ek ’n reg­te ge­sprek voer.

A­fri­kaans is in die ver­le­de op baie af­ge­dwing en daar­om haat hul­le hom so. Hul­le sien hom steeds as ’n sim­bool van ver­druk­king.

Vir hul­le is hy ag­gres­sief en ge­vaar­lik. Hul­le pro­beer hom so­veel moont­lik ver­my, en dit is nog­al jam­mer. Hy is nie op my af­ge­dwing nie. Ek het hom met­ter­tyd leer ken en toe ek my weer kom kry, was ons in ’n ver­hou­ding. Son­der dwang. Dit was soos om te loop. Een tree voor die an­der.

Ek was in ’n dub­bel­me­di­um la­er­skool, maar ek en A­fri­kaans was so ver­lief dat die mees­te van my klas­se in dié taal was. Daar­na is ek na die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof en ons lief­de het net al hoe meer ge­groei. Daar het ek hom die­per leer ken. Mens kan nie in ’n ver­hou­ding wees son­der dat jy ver­by die op­per­vlak kyk nie. Ek het be­gin to­neel­stuk­ke skryf in A­fri­kaans. Ek het ge­hou van sy bou, sy sê­goed. Op u­ni­ver­si­teit het ek nog na­der aan hom ge­kom.

Ek huil met A­fri­kaans. Ek ont­hou toe ek net my nu­we fiets ge­kry het, die een waar­voor ek so ge­bid het (toe ons klein was, was ons ge­loof so groot). Dit was ’n ge­skenk en ek het o­ral daar­mee ge­ry. Dit was my trots.

Ek ont­hou toe ek hard met my fiets ge­val het. “Ei­na!” was die woord wat ek ge­bruik het en daar­na het tra­ne soos ’n ri­vier ge­volg. Toe ek ge­vra is wat ge­beur het, het ek tus­sen my tra­ne deur in A­fri­kaans ver­dui­de­lik. Hy help my nog al­tyd om my pyn uit te druk.

Ek lag met A­fri­kaans. Hard en on­op­hou­de­lik en som­mer baie lek­ker ook. Ek het ’n vi­de­o­greep ge­kyk wat die ron­de ge­doen het – dit was van ’n A­fri­kaan­se nuus­le­ser wat per on­ge­luk “voor­vel” p­leks van “voor­val” ge­sê het.

Die taal stel baie lok­val­le vir ’n mens waar­oor jy net kan glim­lag. En toe ek ’n mis­daad­ver­slag­ge­wer was, het ek baie die woord “dood” moes tik en as ek weer my be­rig lees, sien ek ek het “doos” ge­tik. Saam met die smart was daar ten min­ste iets om vir ’n se­kon­de oor te lag.

■ Hier­die is ’n ge­re­di­geer­de uit­trek­sel uit Ma­ti­pa se boek D­wars­klap: S­ka­ke­rings van swart in die nu­we Suid­A­fri­ka. Dit word deur Pen­guin Rand­om Hou­se ge­pu­bli­seer en kos R240.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.