In die hit­te van die Lom­ba­slag

In Le­o­pold S­choltz se nu­we boek, Ra­tels aan die Lom­ba, ver­tel hy die dra­ma­tie­se ge­beu­re van die C­har­lie­es­ka­dron, wat die kri­tie­ke ge­veg tus­sen die Suid­A­fri­kaan­se weer­mag en die An­go­le­se mag­te op die Lom­ba­ri­vier aan die sui­de van An­go­la ge­lei het. Hier v

Beeld - - BY -

Sa­ter­dag, 3 Ok­to­ber 1987. Vroeg­og­gend. In Suid-A­fri­ka en Suid­wes slaap baie men­se la­ter as ge­woon­lik in die we­te dat ’n rus­ti­ge na­week voor­lê. Hul­le het g’n be­nul van die e­nor­me dra­ma wat daar ver weg aan die oe­wers van die Lom­ba­ri­vier in suid­oos-An­go­la op­han­de is nie.

In hul skuil­plek, suid­oos van die sa­me­vloei­ing van die Lom­ba en die Cu­zi­zi, staan die man­ne van C­har­lie Es­ka­dron en 61 Meg voor dag­breek op. Die wa­pens, uit­rus­ting en voer­tuie word ’n laas­te keer na­ge­gaan.

Kort ná 04:00 kom die so­wat 50 18-ton-staal­mon­sters in be­we­ging. Hul tei­ken is 47 B­ri­ga­de, die e­nig­ste Fap­la-for­ma­sie wat tot suid van die Lom­ba kon deur­dring. Voor­dat die dag ver­by is, sal et­li­ke hon­der­de jong An­go­le­se en ’n en­ke­le Suid-A­fri­ka­ner ge­sneu­wel het in ’n deur­slag­ge­wen­de veld­slag wat ’n be­dui­den­de in­vloed op die ge­skie­de­nis van Sui­der-A­fri­ka sal hê.

C­har­lie-es­ka­dron ry voor­aan met sy 12 Ra­tel-90’s in ’n uit­ge­strek­te li­nie. Hul­le be­weeg van oos na wes pa­ral­lel aan die Lom­ba.

Teen om­streeks 04:30 be­reik die mag die af­mars­lyn. C­har­lie se drie troe­pe neem po­si­sie in ’n uit­ge­strek­te li­nie in. Troep 2 (Mi­ke O’Con­nor) is links, langs Bra­vo-kom­pa­nie; Troep 1 (Mar­tin B­re­mer) in die mid­del; en Troep 3 (A­dri­an Hind) aan die reg­ter­kant, met kpl. Dun­can Tay­lor se Ra­tel (roep­sein 33B) op die ui­ter­ste reg­ter­vleu­el, langs die oe­wer van die ri­vier.

Om 06:40 be­reik die mag die af­mars­lyn. Die dry­wers ska­kel die rat­te, die groot tur­bo-die­sel­en­jins huil in hul ken­mer­ken­de hoë toon en die op­mars be­gin.

Baie sol­da­te se se­nu­wees maak in die vol­gen­de paar mi­nu­te plek vir kalm­te. Die mee­do­ën­lo­se op­lei­ding, van die bes­te ter wê­reld, skop in. Die man­ne word soos ro­bot­te en doen hul ding ou­to­ma­ties, son­der om te veel te dink. Hul­le sluit hul­le af van al­les wat bui­te die ge­veg is en fo­kus hul he­le we­se op dit waar­voor hul­le op­ge­lei is – om die vy­and ge­na­de­loos uit te wis. Hul­le weet: Dis hul­le of ons. Só een­vou­dig is dit.

“Dis on­werk­lik om dit te be­skryf,” ver­tel Cloe­te. “Jy’t nie be­sef wat aan­gaan nie, jy’t nie be­sef wat jy doen nie, jy’t net ge­doen. Al­les was op au­to­pi­lot. In ’n sta­di­um ska­kel jy net al­les af. Dis net rit­me en roe­ti­ne. Ek het ge­sien hoe my es­ka­dron vy­an­de­li­ke tenks uit­haal. Jou brein sien dit, maar dit sink nie in nie.”

Aan die ui­ter­ste reg­ter­kant, net bin­ne die bos­lyn op die sui­de­li­ke oe­wer van die Lom­ba, sien Tay­lor ’n die­sel­bun­ker­voer­tuig. Die voer­tuig lyk ver­la­te. Maar dan sien hy be­we­ging aan die ag­ter­kant, dalk ie­mand wat daar skuil.

’n Oom­blik lank wil hy skiet. Met ’n bon­sen­de hart vra hy oor sy ra­dio toe­stem­ming van sy troep­be­vel­voer­der, 2de lt. A­dri­an Hind. Maar Hind ant­woord: “Nee, wag, wag, wag.”

Tay­lor be­veel sy dry­wer, Ray­mond Clark, om sta­dig vo­ren­toe te be­weeg. Hy ry ver­by die voer­tuig en hou sy 90 mm-ka­non daar­op ge­rig.

Hy vra weer toe­stem­ming om te skiet en weer word dit ge­wei­er. Ver­by die voer­tuig be­veel hy sy ka­non­nier, An­dré Her­sel­man, om die ka­non weer vo­ren­toe te draai, want hy be­no­dig ’n ek­stra paar oë om ’n moont­li­ke tei­ken raak te sien. Dan sien Tay­lor weer ’n be­we­ging ag­ter die die­sel­bun­ker. Dis die laas­te strooi.

“Ka­non­nier, tei­ken op 4-uur, die­sel­bun­ker, vuur!”

Die vy­an­de­li­ke voer­tuig ont­plof en be­gin brand met dik rook­wol­ke wat uit­bor­rel.

Dis die be­gin van die Slag van die Lom­ba.

Le­we ver­an­der vir al­tyd

Voor die op­mars was Kurt “S­tom­pie” Oe­lof­se (ka­non­nier in Hind se Ra­tel 33) nog taam­lik ont­span­ne, tot­dat die be­vel kom om te be­weeg.

S­kie­lik be­sef dié boor­ling van Port E­li­za­beth hy kan dié dag sterf. Dan kom ’n bood­skap oor ’n kon­tak bin­ne en Oe­lof­se se le­we ver­an­der vir al­tyd. “Wel­kom PTSV [post-trau­ma­tie­se stres­ver­steu­ring] en aan die wê­reld van sla­pe­lo­se nag­te, ver­skrik­li­ke nag­mer­ries en twee vroue,” ver­tel hy la­ter.

Dan klink Hind se stem oor die in­ter­kom: “Tenk op 1-uur van jou po­si­sie.” Die tyd staan bot­stil. “Ek het in die loop van ’n T-55 ge­kyk wat langs ’n boom ge­staan het. Ek kon nie eens sien hoe lank die loop is nie; ek het reg­uit in die loop in­ge­kyk. Wat ’n fok­ken ge­sig.”

Oe­lof­se se op­lei­ding neem oor en hy vuur drie pant­ser­breek­ron­des vin­nig ná me­kaar. Die T-55 be­gin brand. “Een ou het uit­ge­klim, maar ek weet nie of hy dit ge­maak het nie. Toe tref die kak die fan . . . BTR’s en T-55’s o­rals. Die klein­ge­weer­vuur teen die Ra­tel se kant het soos ha­el­kor­rels op ’n sink­dak ge­klink. So het dit feit­lik die he­le dag aan­ge­gaan.”

In­tus­sen rap­por­teer Tay­lor aan Hind en haal die an­der in. Regs van hom sien hy ’n groep Fa­plas wat pa­niek­be­van­ge na die ri­vier hard­loop. Dan kom 33B by ’n oop kol waar ’n

155 mm-gra­naat van ’n G-5 die plan­te­groei ver­nie­tig het. S­kie­lik sien hy ’n vy­an­de­li­ke tenk, in­ge­gra­we, 48 m van hom (die af­stand is la­ter p­re­sies ge­meet).

Die tenk se to­ring draai drei­gend in die rig­ting van sy Ra­tel. Dit kos net ’n en­ke­le skoot van die 100 mm-ka­non om die Ra­tel aan stuk­ke te blaas. Tay­lor aar­sel nie: “Pant­ser­breek, tei­ken 2-uur, vy­an­de­li­ke tenk 50 m – vuur!”

Tay­lor en sy be­man­ning sien hoe die to­ring ’n paar sen­ti­me­ter lig en dan te­rug­val.

Jy’t nie be­sef wat aan­gaan nie, jy’t nie be­sef wat jy doen nie, jy’t net ge­doen. Al­les was op au­to­pi­lot.

’n Blou vlam wys dat ’n twee­de skoot ook ’n vol­tref­fer is. Twee men­se spring uit. Een val op die grond; die een aan die an­der kant spring op en hard­loop. Her­sel­man bring hom met die ko­ak­si­a­le ma­sjien­ge­weer grond toe.

Wat Tay­lor nie ge­weet het nie en wat nie­mand kón weet nie, was dat die Suid-A­fri­ka­ners ge­bots het met ’n mag wat aan­sien­lik ster­ker was as wat aan hul­le voor­ge­hou is.

Wat dié on­aan­ge­na­me ver­ras­sing e­nig­sins ge­neu­tra­li­seer het, was dat die An­go­le­se net so ver­ras soos die Suid-A­fri­ka­ners was. Dank­sy hul veel be­ter op­lei­ding en tak­tie­se dok­tri­ne was die Suid-A­fri­ka­ners ge­luk­kig gees­te­lik aan­sien­lik be­ter toe­ge­rus om die vin­nig ver­an­de­ren­de si­tu­a­sie te han­teer. Die aan­vank­li­ke re­sul­taat kon ver­wag word: ’n Cha­os en pa­niek. Van die An­go­le­se in­fan­te­rie­sol­da­te het hul rug­sak­ke weg­ge­smyt, som­mi­ge selfs hul wa­pens, en weg­ge­hard­loop.

Tog, ná ’n tyd is ’n se­ke­re ma­te van or­de her­stel en hier­van­daan het die An­go­le­se hard be­gin te­rug­veg. ’n S­tort­vloed koe­ëls en gra­na­te is na die SuidA­fri­ka­ners ge­vuur, wat aan­hou be­weeg het.

Her­sel­man het iets sien blink en dog dis ’n ar­til­le­rie­stuk van die een of an­der aard. Son­der om te dink, jaag hy ’n ron­de daar­in, waar­op twee vy­an­de­li­ke sol­da­te rie­me neer­lê in die rig­ting van die ri­vier.

Her­sel­man volg hul­le met die ko­ak­si­a­le ma­sjien­ge­weer en sien hoe hul­le ge­tref word, ver­der pro­beer gaan, maar uit­ein­de­lik bly lê.

Toe sien hy ie­mand wat soos ’n Rus­sie­se raad­ge­wer lyk ag­ter ’n boom wat links en regs be­ve­le skree.

Die ma­sjien­ge­weer se am­mu­ni­sie was op, maar ’n bri­san­t­ron­de was in die 90 mm se ka­mer en Her­sel­man bla­ker hom daar­mee.

’n Mens wil nie weet wat met die man ge­beur het nie.

Nie tyd om te dink nie

In Ra­tel 33C, ook na­by aan die ri­vier, het die ka­non­nier, Ga­ry Pe­ar­man-W­hi­te, self nie tyd ge­had om te dink nie. “Wan­neer jy jou eer­ste tenk sien, sien jy net die tracks be­weeg en die groot loop wat in jou rig­ting s­waai en jy kan am­per nie glo wat jy sien nie. Dan, vir die eer­ste keer, dink jy ek gaan nie huis toe nie. Ek gaan van­dag hier dood­gaan. Maar dan skop jou op­lei­ding in en jy pomp so­veel moont­lik ron­des in die tenk in.

“Hul­le leer jou waar jy moet mik, maar jy skiet net en hoop vir die bes­te. Daar is nie tyd om be­hoor­lik te mik nie, jy raai maar daai tenk is 200 m weg. Ba­sies moet jy dit die eer­ste keer tref, el­ke keer.”

Ter­wyl hy deur die bos­se breek, sien S­te­ph Ros­souw in Ra­tel 33A ’n tei­ken en pro­beer sy ka­non­nier, War­ren A­dams, so­ver kry om dit uit te haal. Ter­self­der­tyd sien A­dams eg­ter ’n an­der tei­ken wat hy eers wil be­stook. Ros­souw sê hy kan voort­gaan, maar net toe skree die dry­wer, Her­mann Fer­rei­ra: “Tenk!”

“Vuur!” be­veel Ros­souw, maar al wat hul­le hoor, is ’n klik p­leks van ’n knal.

“Vuur!” skree hy weer. Nog ’n klik.

Ros­souw sien toe die tenk se loop ver­by 33A draai en te­rug­kom. “Ag­ter­uit!”

Die ron­de was ’n dow­werd. Hul­le smyt dit uit en gaan voort.

Voor in die kar ont­kom Fer­rei­ra ook ter­nou­er­nood. ’n Vy­an­de­li­ke koe­ël, moont­lik van ’n swaar 14,5 mm-lug­af­weer­ma­sjien­ge­weer af­koms­tig, tref sy s­kuins ven­ster en pe­ne­treer half­pad daar­deur tot reg voor sy ge­sig. Net ’n bie­tjie meer ki­ne­tie­se krag en hy sou wy­le Fer­rei­ra ge­wees het. Die stil­le­ri­ge “Fok!” wat sy ma­ters hom hoor sê het, was on­der die om­stan­dig­he­de ’n on­der­be­klem­toon­de re­ak­sie.

In die mid­del van die op­mars sien kpl. Do­nald Bro­wn (31C) ’n klomp sag­te tei­kens voor hom en laat waai met sy 7,62 mm-ko­ak­si­a­le Bro­w­ning-ma­sjien­ge­weer. Die vol­gen­de oom­blik hou dit eg­ter net op met werk. “Ek kom toe ag­ter dat die skroef wat die voer­me­ga­nis­me in plek hou, uit­ge­val het. Dit sou on­moont­lik wees om dit tus­sen al die dop­pies en ska­kel­tjies op die vloer te vind. So, wat doen Bro­wn toe? Hy gryp die skroe­we­draai­er, maak die ha­tch oop en haal die een van die ack-ack [Bro­w­ning bui­te] af. Ter­wyl koe­ëls en kak om my kop fluit.

“As dit té warm ge­raak het, het ek te­rug­ge­duik in die to­ring om bie­tjie a­sem te skep. In kort, ek het die skroef uit­ge­haal en die Bro­w­ning weer aan die skiet ge­kry. La­ter die dag het ek ’n ver­plet­ter­de koe­ël­punt p­re­sies in die mid­del van die ha­tch ge­kry. Praat van die dood kul . . . se­ker ge­luk­kig, maar ek weet dit was God se be­sker­ming.”

Laai, skiet weer en on­mid­del­lik te­rug­waarts met al­bei ag­ter­uit-rat­te. B­re­mer sê: “Ons het dik­wels na ’n tei­ken be­weeg met een ron­de in die ka­non­ka­mer, een op Ja­mes S­harp [ka­non­nier] se skoot en een op my skoot. Jy kan sê ons het daai 90 mm in ’n se­mi-ou­to­ma­tie­se wa­pen om­skep.”

Op die lin­ker­vleu­el is O’Con­nor, be­vel­voer­der van Troep 2, des­pe­raat be­sig om ken­nis te neem van al die din­ge wat te­ge­lyk ge­beur. “Jou ver­ant­woor­de­lik­he­de as troep­be­vel­voer­der is taam­lik om­vat­tend en die ver­moë om te ‘mul­ti­task and t­hen so­me’ is be­lang­rik. Jy is in be­vel van jou eie Ra­tel, be­trok­ke in jou eie per­soon­li­ke vuur­ge­veg en moet ter­self­der­tyd in­struk­sies aan jou dry­wer gee, as sy ‘re­ver­se ca­me­ra’ op­tree en vuur­op­drag­te aan jou ka­non­nier gee. Daar­by is jy in­stru­men­teel in die pro­ses van lei­ding gee, om die leë dop by die to­ring uit te kry en oor die kant af te gooi.

“Boon­op was ek ver­ant­woor­de­lik vir die be­vel oor drie an­der Ra­tels, by­ge­staan deur my troep­ser­sant in roep­sein 32 Alpha [kpl. Da­ve Man­nall]. Ons het ge­kom­mu­ni­keer met be­hulp van ra­dio’s in my voer­tuig en ’n bors­plaat met drie ver­skil­len­de knop­pe, ka­na­le A, B en C. Een ka­naal is ge­re­ser­veer vir jou eie in­ter­ne kom­mu­ni­ka­sie met jou be­man­ning, die twee­de vir die troep­net­werk om met jou an­der drie voer­tuie te praat en die der­de was vir die es­ka­dron- of be­vels­net­werk.

“Dit was nog­al ’n uit­da­ging om hier­die ra­di­o­ka­na­le te be­heer en ter­self­der­tyd ’n ge­vegs­front te han­teer. Ek is se­ker die es­ka­dron­be­vel­voer­der is by meer as een ge­leent­heid ge­trak­teer op ’n drif­ti­ge, kleur­ry­ke uit­bars­ting van in­struk­sies wat eint­lik vir die in­di­vi­du­e­le voer­tuig of troep be­doel was.”

Al 12 Ra­tels het deur ’n si­klus ge­gaan: Laai die 90 mm-ka­non, rig op ’n tei­ken, skiet, her­haal en trek te­rug – bly nooit op die­self­de plek vir lan­ger as 20-30 se­kon­des nie. Be­weeg weer vo­ren­toe, soek ’n nu­we tei­ken, laai, skiet, her­haal en trek te­rug – bly aan die be­weeg.

In die Ra­tels het dit on­draag­lik warm ge­word en die si­tu­a­sie is ver­er­ger deur die rook en kor­diet. Dors was ’n groot pro­bleem.

Som­mi­ge man­ne het hard­op ge­bid ter­wyl die skie­te­ry en bloed­ver­gie­ting aan die gang was. “Jy bid as­of jy nog nooit ge­bid het nie en jy vind uit dat jou mak­kers ge­dwee sit en luis­ter na jou woord en jou of­fer aan die He­re om jul­le vei­lig te hou,” ver­tel Eugè­ne Mos­tert (dry­wer, 32C).

“In daai ge­slui­te kas is daar nie tyd vir dink aan jou me­de­mak­kers nie, want jy glo dat hul­le net so hard bid in hul eie Ra­tels.

“Jy ry vo­ren­toe, spo­ra­die­se vuur van die ‘Ak-ak’ [ack-ack – lug­af­weer] steur jou kon­sen­tra­sie want jy wil kyk waar daai ron­des tref, maar dit word be­moei­lik deur die vi­sie­blok­ke waar­deur jy moet kyk. Dit be­gin bin­ne te klink soos ’n pop­cor­n­ma­sjien soos klein ka­li­ber vuur die romp slaan.

“Dan . . . ‘Daaa’. Jy weet dit is ’n groot ka­li­ber daar­die wat sy merk moeds­wil­lig – of dalk om­dat jy jou op ’n slag­veld be­vind – teen jou voer­tuig maak. Dan word ge­sê ‘stop’. Jy stop en be­gin te tel. ‘B­waaahhh’ praat daai 90 mm en jy hoor ’n oor-en­weer-ge­pra­te­ry, in­struk­sies van ‘stoot hom nog ’n pil’ en dan be­sef jy: ‘Dis tyd om te be­weeg,’ skree jy. ‘Re­ver­se, re­ver­se.’ So gaan dit aan en aan.

“S­kie­lik klink dit soos ’n nat ma­te­ri­aal­bal wat met groot druk uit ’n was­ma­sjien se pyp uit­ge­for­seer is en so ’n fluit­war­rel­ge­luid ver­by jou voer­tuig maak. Jy be­sef: Hier kom wat ons ge­vrees het – tenks. ‘Re­ver­se, re­ver­se!’

“Dan klap ’n RPG7-pro­jek­tiel jou reg­ter­deur só hard dat dit voel as­of jou ore tot in die toe­koms gaan suis, en jou gun­ner sit sy hand sag neer op jou skou­er en sy lip­pe vorm die woor­de ‘Is jy ou­kei?’ en ‘Re­ver­se, as­se­blief’, maar jy kan nie hoor nie. Dis in­stink­tief om sy lip­pe te lees, maar God maak dit vir jou moont­lik om dit te ver­staan en dit doen, want jy weet dis ’n ge­val van le­we of dood.

“Volg in­struk­sies en re­ver­se vei­lig vir ’n op­bom want die ron­des is klaar.”

Al was dit nog nie eens 12:00 nie, was die Slag van die Lom­ba op hier­die tyd­stip reeds die mees in­ten­se pant­ser­ge­veg op die vas­te­land van A­fri­ka se­dert die fi­na­le ne­der­laag van die Duit­se A­fri­ka-korps in Mei 1943.

Só in­tens was dit dat die am­mu­ni­sie ein­de se kant toe ge­staan het.

Wan­neer jy jou eer­ste tenk sien, sien jy net die tracks be­weeg en die groot loop wat in jou rig­ting s­waai . . .

Fo­to’s: LEN ROBERTS

Skt. Alan Mackin­non staan in die bom­kra­ter wat deur ’n MiG ver­oor­saak is. Ra­tel 33C is deur die MiG uit­ge­skiet.

Ra­tel 33 C wat op 8 Ok­to­ber deur ’n MiG ver­nie­tig is.

Troe­pe van C­har­lie­es­ka­dron voor die Slag van die Lom­ba by Bit­ter­soet, so­wat 20 km suid van Run­du na­by die An­go­le­se grens.

Ra­tels van 61 ge­me­ga­ni­seer­de ba­tal­jon­groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.