Be­loof e­wi­ge trou by Le­gend

Beeld - - BRUIDE -

Han­glip­berg het al ge­sien hoe die BCX Su­perS­port S­hoot­out plaas­vind, Mej. Wê­reld­deel­ne­mers saam­kui­er en ge­luk­ki­ge paar­tjies trou aan me­kaar be­loof.

Die be­to­we­ren­de skoon­heid van die Wa­ter­berg­om­ge­wing sorg vir die per­fek­te ag­ter­grond vir ’n in­tie­me troue vir 20 of ’n groot ont­haal vir 350 gas­te. Le­gend Golf and Sa­fa­ri Re­sort spog met 15 be­son­der­se bin­nens­hui­se en bui­te ont­haal­lo­ka­le.

Die Qu­een of S­he­ba, Mo­no­mo­ta­pa saal en So­fa­la Con­fe­ren­ce Pa­vi­li­on is van die ge­wild­ste ont­haal­lo­ka­le vir trou­es van­weë die ka­pa­si­teit, lig­ging en ruim­te.

Die bui­te ont­haal­a­re­as soos die Vye Boom skep ’n spro­kies­ag­ti­ge at­mos­feer waar jou droom­dag kan af­speel in die hart­jie van die Bos­veld. Dié reu­se vy­e­boom dien as be­skut­ting en ’n prag­ti­ge na­tuur­li­ke pla­fon waar­on­der die fees­vie­rin­ge kan plaas­vind.

Vir a­von­tuur­lus­ti­ges kan die bruids­paar se le­we saam be­gin op die bo­punt van Han­g­lip, die tuis­te van die wê­reld­be­roem­de Ex­tre­me 19th. Hier­die bof pronk 400 m bo die Groot Vyf­ge­bied van die En­ta­be­ni Sa­fa­ri Con­ser­van­cy.

Ná ’n le­gen­da­rie­se troue kan die bruids­paar en ge­volg in luuks­heid en ge­mak rus in een van Le­gend se 220 ka­mers.

■ Le­gend Hos­pi­ta­li­ty Group gee 15 va­kan­sie­pak­ket­te weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.