Is ’n e­fiets kroek of nie?

Beeld - - LEEFSTYL - TERÉ­SA COET­ZEE @te­re­sa­coet­zee

As ek van­dag my top­vyf berg­fiets­by­een­koms­te moet uit­son­der, sal die Ned­bank Tour de Tu­li be­slis een van hul­le wees. Vir so­veel ver­skil­len­de re­des . . .

Ter­wyl ons ver­le­de week daar in Botswa­na in die Mas­ha­tu-re­ser­vaat fiets ge­ry het, het ons groep­lei­er, Da­vid E­vans, ge­reeld voor ons ge­stop en vir ons ge­wys ons moet tjoep­stil bly en net daar ons fiet­se om­draai en weg­ry om­dat daar groot trop­pe o­li­fan­te in die bos­se voor ons ge­staan en wei het. Bui­ten die o­li­fan­te het ons so­veel an­der wil­de die­re ge­du­ren­de hier­die toer ge­sien – e­lan­de, koe­does, dui­kers, ’n trop bruin hi­ë­nas, ka­meel­per­de, se­bras en kro­ko­dil­le. Hier­die soort er­va­ring kry jy by by­kans geen an­der berg­fiets­by­een­koms as by die Tour de Tu­li nie en dis een van die re­des waar­om dit so spe­si­aal is.

Een van my vrien­de, An­to­nio Sil­va, het nes ek ook van­jaar sy twee­de Tour de Tu­li ge­ry, maar dié keer het hy dit op ’n e­lek­trie­se fiets aan­ge­pak en hy sweer dis die bes­te be­sluit van sy le­we. Die Tour de Tu­li is nie ’n me­de­din­gen­de by­een­koms nie. Jy word in ’n groep in­ge­deel en jul­le is ver­on­der­stel om rus­tig te ry ter­wyl jul­le die na­tuur­skoon ge­niet.

An­to­nio be­klee ’n hoë pos by sy werk en tyd vir oe­fen is daar nie al­dag nie, maar hy is mal oor teg­nie­se berg­fiets­ry en ve­ral die won­der­li­ke berg­fiets­par­ke wat dees­dae o­ral op­skiet. Hy suk­kel met ’n heup­be­se­ring en as hy nie op­pas nie, gaan hy ’n heup­ver­van­ging moet kry.

Nou kyk, die een ding van die Tu­li wat jy wél moet weet, is dat sand jou voor­land is en hoe­wel ek my voor­af voor­ge­neem het dat die dig­te sand my nie gaan on­der­kry nie, lol dit tog so ’n bie­tjie met jou kop as jou fiets keer op keer soos ’n steeks don­kie in daai sand­kol­le vas­steek en jy net daar om­val en met moe­der­aar­de ken­nis maak.

Ek­self het me­nig­maal ge­dink dat so ’n by­ko­men­de bie­tjie per­de­krag da­rem glad nie te ver­smaai sou wees in daar­die sand nie, ve­ral nie as ’n par­man­ti­ge o­li­fant met flap­pen­de ore ook nog op jou af­storm nie.

An­to­nio was die e­nig­ste fiets­ry­er by die Tu­li wat die ki­lo­me­ter lan­ge sand­strook deur die ri­vier­loop tus­sen die twee lands­gren­se kon ry; ons an­der moes al­mal lek­ker fiets stoot en stap. S­mid­dae as die res van ons maar pê was, was An­to­nio ewe hups en sy groot­ste be­kom­mer­nis was om sy e-fiets se bat­te­ry daar in die boen­doe ge­laai te kry. (Hy het al van­te­vo­re die E­pic ge­ry en klaar­ge­maak, so hy het hom­self al oor en oor be­wys. Nou wil hy net sy fiets­ry op sy ma­nier ge­niet.)

Baie van my erns­ti­ge fiets­ry­vrien­de ver­tel nou dat hul­le sterk oor­weeg om vir hul vroue en kin­ders e-fiet­se te koop (’n ge­spe­si­a­li­seer­de e­lek­tro­nie­se fiets kos so­wat R85 000) so­dat hul­le uit­ein­de­lik na­we­ke en va­kan­sies saam kan ry son­der die groot ge­stry­e­ry wat ge­woon­lik daar­mee saam­gaan. (Ek weet, want my eie man en kin­ders se groot­ste klag­te is ge­woon­lik dat ek hul­le moeg en moe­de­loos ry.)

Maar laat ek nou maar bieg – nóg een van die re­des waar­om die Tu­li een van my guns­te­ling­by­een­koms­te is, is die kos wat ’n mens hier kry. Nê­rens an­ders word jy saans be­dien met fi­let, ge­rook­te vark­nek­tjop­pies, skaap op die spit en steur­gar­na­le nie.

Nou kyk, as ek dit kon reg­kry om ge­wig op te tel by ’n Tu­li selfs son­der ’n e-fiets, wil ek nie dink aan die ska­de aan my lyf met een nie! My ge­ne­tie­se pre­dis­po­si­sie ver­eis dus dat ek maar die moei­li­ke roe­te volg. Die een waar jy trap en so­veel as moont­lik e­ner­gie ver­brand. Ter­wyl jy stap-stap deur die sand. En op jou vin­nig­ste hol as ’n o­li­fant jou storm . . .

Fo­to: JACQUES MARAIS

Hier­die is ’n be­ken­de ge­sig by die Ned­bank Tour de Tu­li ter­wyl jy deur die Mas­ha­tu­re­ser­vaat in Botswa­na ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.