Kyk na Ber­tus en leer soos ’n su­persjef kook

Beeld - - LEEFSTYL - Ber­tus Bas­son

Ber­tus Bas­son, be­kroon­de sjef en re­stau­rant­ei­e­naar, nooi ky­kers na van sy ve­le kom­bui­se om re­sep­te, kos­maak­ge­hei­me en sto­ries uit sy le­we in kos te deel.

Bas­son is geen vreem­de ge­sig op Via (DStv-ka­naal 147) nie. Ky­kers sal ont­hou dié sjef was al voor­heen in Via se reu­se­suk­ses­se te sien soos die werk­lik­heids­pro­gram Brood en bot­ter en die fees­tyd­bo­nan­za Ber­tus se fees­ta­fel. Op Brood en bot­ter wat in No­vem­ber 2015 saam met die ka­naal be­gin het, het Ber­tus as die pro­gram se aan­bie­der en men­tor ge­dien.

In De­sem­ber 2016 is Ber­tus toe weer te­rug op Via vir ’n twee­de bui­ging: Dié keer met die spe­si­a­le pro­gram Ber­tus se fees­ta­fel. In dié pro­gram het hy smul­lek­ker kos-i­dees vir ’n sjiek, he­den­daag­se Kers­ta­fel ge­deel. Sy vrou, Ma­re­li, loer ook in om wen­ke te deel vir die ver­sie­ring van die fees­ta­fel.

En nou is Ber­tus te­rug op Via met die nu­we kos­reeks Goed, be­ter, Ber­tus om nog van sy kom­buis­ge­hei­me met ky­kers te deel.

Waar het jou lief­de vir kos be­gin?

Ek is ’n Dut­ch­man. Ons het groot­ge­word met kos. In ’n A­fri­kaan­se huis word el­ke spe­si­a­le ge­leent­heid ge­vier met kos.

Wat is jou man­tra in die kom­buis?

Maak vars, een­vou­di­ge kos en koop net Suid-A­fri­kaan­se be­stand­de­le.

Jou re­stau­rant O­ver­tu­re is agt jaar in ’n ry op die top10­lys van Eat Out. Wat is jou ge­heim vir suk­ses in die re­stau­rant­be­dryf?

Nie­mand weet hoe­kom dit werk nie. Daar is nie ’n ge­heim nie. Dis maar net baie toe­wy­ding en har­de werk.

Jou fo­kus is sterk op vars, plaas­li­ke be­stand­de­le. Hoe­kom?

Dit maak een­vou­dig sin. Daar is geen re­de om vis in te voer van Noor­weë af of half­pad om die wê­reld te vlieg en vier keer die prys te vra nie. In­tus­sen vang ons vars lyn­vis net hier an­der­kant. Ek hou ook daar­van om te kook met wat ek ken.

Ek hou daar­van dat kos aan her­in­ne­rin­ge ge­heg is. Ek het geen her­in­ne­rin­ge aan Noor­se salm nie. My­ne is Suid-A­fri­kaans.

Waar is jou guns­te­ling­plek­ke om be­stand­de­le te pluk of koop?

Ons het ’n net­werk van ver­skaf­fers, so dit hang af. In die win­ter sal ons by­voor­beeld sam­pi­oe­ne in die veld kry. Soms bel vreem­de­lin­ge wat ’n s­pring­bok ge­skiet het en vra of ons dit wil hê.

Wat is die een re­sep­te­boek wat al­mal in hul kom­buis moet hê?

As jy Suid-A­fri­kaans is, moet Kook en ge­niet in jou kom­buis wees.

Be­skryf elk­een van jou re­stau­ran­te in ’n neu­te­dop.

O­ver­tu­re is ons vlag­skip en ons kre­a­tie­we huis.

Dit is waar ons dink oor kos. S­pi­ce Rou­te se re­stau­rant is meer vir fa­mi­lies, met groot por­sies en lek­ker goed soos bo­bo­tie.

Spek en Bo­ne is net ’n pret­ti­ge plek. Dis klein, met har­de mu­siek en lek­ker kos. Ek eet self ge­reeld daar.

Wat is die groot­ste fou­te wat jy al in die kom­buis ge­maak het?

Ag, ek het al tal­le goed ge­brand. Maar so leer ’n mens. Ek glo ’n mens moet meer as een keer ’n fout maak.

■ Nu­we e­pi­so­des van Goed, be­ter, Ber­tus wys el­ke Dins­dag om 18:00 op Via (DStv-ka­naal 147) met her­uit­sen­dings op Son­dae om 17:30.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.