Kort­paaie vir die haas­ti­ges

Flous daar­die kom­buis­hor­lo­sie en die haas­ti­ge haas met vlin­ders en s­kil­pad­jies. Só kan al­mal (be­tyds) lek­ker smul.

Beeld - - LEEFSTYL - ERRIEDA DU TOIT @Huis­kok Errieda du Toit se jong­ste kook­boek, Tuis­ta­fel, is nou op die rak­ke. Be­soek ook haar blog, huis­kok.com.

Die Wit Ko­nyn van A­li­ce in Won­der­land hard­loop dik­wels deur my kom­buis met sy sak­hor­lo­sie en pre­wel: “Ek is laat! Ek is laat! O my aar­de, ek gaan laat wees!’

Dit klink dalk vreemd dat ek on­der druk my heil by lams­boud soek, ve­ral as ek in die mid­del van die week gas­te kry met min tyd vir groot kook. Maar dan roep ek my man, Ian, na­der – die mees­ter van die vin­ni­ge vlin­der­lam (ge­vlek­te lams­boud).

Dis ook nie eens no­dig om ’n braai­vleis­vuur te ver­sorg nie, want hiér­die vlin­der gaan oond toe.

Ter­wyl die oond warm word, maak my man ’n geu­ri­ge krui­e­ma­ri­na­de.

Hy hou my by­der­hand om die tie­mie­bla­re van die tak­kies te stroop, wat hy haat om te doen. Hy mo­ker die dik­ker de­le van die vleis met die vuis om dit meer ge­lyk te kry en smeer dit dan in.

Dis ’n in­druk­wek­ken­de prent­jie as die oop­ge­vlin­der­de vleis met sy krui­e­jas die bak­plaat van hoek tot kant vol lê.

Wat hy ook by­der­hand hou vir ’n gro­ter vleis­snit soos hier­die een, is ’n di­gi­ta­le vleis­ter­mo­me­ter, een van sy guns­te­ling­kom­buis­speel­goed.

As kok hou ek al­tyd ’n twee­de op­sie by­der­hand as die wit haas my jaag: s­kil­pad­jies! Hiér­die tra­di­si­o­ne­le lek­ker­tes van le­wer in net­vet kan blit­sig in die oond ge­bak word.

In die so­wat 25 mi­nu­te wat die vleis in die oond is, is dit weer Ian en die kruie.

Hier­die keer span hy sy mez­za­lu­na in om ’n sal­sa ver­de-ti­pe krui­e­meng­sel te maak waar­mee hy die hout­bord be­dek waar­op die vleis voor­ge­sny word.

Met die sny­slag meng die vleis­sap­pe met die sal­sa ver­de dan tot ’n sa­li­ge een­heid.

Fo­to’s: IAN DU TOIT

Sny die lam voor op ’n hout­bord met sal­sa ver­de, die vleis se twee­de krui­e­be­han­de­ling. (Die fo­to is net van die een helf­te van die ge­vlek­te boud.)

Oond­ge­bak­te s­kil­pad­jies baat by iets suurs soos mos­terd, ge­skroei­de suur­le­moe­ne of pie­kels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.