Vin­nig en oe, tog só lek­ker!

Beeld - - LEEFSTYL - swart­pe­per na smaak

Jy be­no­dig vir 6 tot 8 men­se:

1 lams­boud, ge­vlek, so­wat 2,2 kg 15 ml grow­we sout

7,5 ml grof­ge­maal­de swart­pe­per krui­e­meng­sel vir die lam:

6 groot knof­fel­hui­sies, ge­maal of baie fyn ge­ras­per

60 ml ge­kap­te vars tie­mie­bla­re 60 ml ge­kap­te vars o­re­ga­no of mar­jo­lein­bla­re

10 ml fyn ko­myn

5 ml ge­maal­de ge­droog­te brand­ris­sie­vlok­kies fyn­ge­ras­per­de skil van 2 suur­le­moe­ne

30 ml vars suur­le­moen­sap

30 ml o­lyf­o­lie

Krui­e­meng­sel vir die hout­bord:

’n hand­vol elk vars krui­se­ment­bla­re en pie­ter­sie­lie

1 vars rooi brand­ris­sie, pit­te en mem­bra­ne ver­wy­der 3 knof­fel­hui­sies sap van ½ suur­le­moen

45 ml van jou bes­te o­lyf­o­lie 30 ml so­ja­sous sout­vlok­kies en vars­ge­maal­de

Maak dan só:

1. Klad die lams­vleis met pa­pier­hand­doek droog en plaas op ’n bak­plaat met ’n rand. Geur goed met sout en pe­per.

2. Maak nou die smeer­ma­ri­na­de: Meng die knof­fel, tie­mie, o­re­ga­no of mar­jo­lein, ko­myn, ge­maal­de droë brand­ris­sie­vlok­kies, suur­le­moen­skil en suur­le­moen­sap. Meng net ge­noeg o­lie by om ’n smeer­ba­re pas­ta te skep. Vryf die meng­sel oor die lam. As jy ge­noeg tyd het, be­dek met kleef­plas­tiek en ma­ri­neer ’n uur of lan­ger.

3. Voor­ver­hit die oond tot 230 °C. Roos­ter die lam e­nig­iets tus­sen 20 en 30 mi­nu­te, son­der om dit om te draai. Be­gin toets vir gaar­heid ná 20 mi­nu­te, af­han­gend van hoe groot die boud is en hoe pienk jy dit soek. Toets: Druk ’n vleis­ter­mo­me­ter in die dik­ste deel: 49 °C vir baie pienk (half­rou), 55 °C vir me­di­um­gaar en 65 °C vir die lig­ste sweem­pie van pienk. Laat rus die boud vir 10 mi­nu­te, los­sies met foe­lie be­dek.

4. Be­rei die krui­e­bord voor so­lank die vleis rus: kap kruie, ris­sie en knof­fel fyn op ’n groot hout­bord (ver­kies­lik met ’n groef in om drup te keer), drup suur­le­moen­sap, o­lyf­o­lie en so­ja­sous oor.

5. Plaas die vleis bo­op die kruie en sny in re­pe. Be­dien op die bord so­dat gas­te hul­self kan help en re­pe deur die krui­e­sous kan trek.

S­kil­pad­jies uit die oond

Nog ’n vin­ni­ge ge­not uit die oond. Selfs son­der die braai­vuur se rook­geu­re is oond­skil­pad­jies ’n smaak­tri­omf.

Jy be­no­dig vir 4 men­se:

12 s­kil­pad­jies (ek skaf dit klaar­ge­maak by my plaas­li­ke slag­ter aan) 30 ml o­lie

2 suur­le­moe­ne, ge­hal­veer Op­die­ning: goeie brood, groen­slaai, slap­hak­skeen­tjies of aar­tap­pel­slaai met dil­le, mos­terd en pie­kels

Maak dan só:

1. Voor­ver­hit die oond tot 160 °C.

2. Ver­hit ’n groot oond­vas­te pan oor ma­tig hoë hit­te, braai die suur­le­moen op die sny­kant tot die ran­te ge­skroei­bruin is. Hou een­kant.

3. Draai hit­te ef­fe la­er en ver­bruin die s­kil­pad­jies 3 mi­nu­te aan ’n kant. Plaas pan in die oond tot gaar en bros, 20­25 mi­nu­te. Druk suur­le­moe­ne tus­sen­in. Be­dien vuur­warm in die pan.

Ge­vlek­te lams­boud met sy eer­ste krui­e­be­han­de­ling reg vir die oond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.