Zoe­loe­land se kus is soos ’n an­der land

As die win­ter teen hier­die tyd sy tol be­gin eis op jou ge­moed, moet jy ’n plan maak om na Zoe­loe­land weg te breek. Vlieg na Dur­ban en huur ’n mo­tor of klim in jou kar. Van Gau­teng af is dit nie eers ’n der­de van die lang ry Kaap­stad toe nie.

Beeld - - LEEFSTYL - GILDA SWANEPOEL @Gil­daS­wa­ne­poel

Zoe­loe­land, Ma­pu­ta­land, of die O­li­fant­kus, al die na­me is ewe ek­so­ties en roep beel­de van on­ge­rep­te stran­de, wil­de die­re en groen land­skap­pe op. Net 150 km noord van Dur­ban kruip die dor­pie M­tun­zi­ni tus­sen die ruig­tes weg. Daar was daai kin­der­tyd­se te­le­vi­sie­pro­gram, Um­tin­zi­ni Spa, toe ons nog ver­keer­de­lik die Zoe­loe­na­me ge­skryf het soos ons dit uit­spreek.

Dis soos om na die vlak­te dus­kant He­bron te gaan, dis net iets wat ’n mens moet doen.

Soos by die mees­te plek­ke aan die O­li­fant­kus moet ’n mens be­taal om die stran­de hier te be­soek. Maak dus se­ker dat jou Wil­d­card vir E­zem­velo se par­ke gel­dig is. M­tun­zi­ni se strand lê bin­ne die Um­la­la­zi-na­tuur­re­ser­vaat en wan­neer die mooi plank­paad­jie jou op die e­nor­me wit strand uit­spoeg en jul­le waar­skyn­lik die e­nig­ste men­se op die ta­maaie sand­vlak­te is, gaan jy nie meer vir die toe­gangs­geld om­gee nie.

Die park bly lek­ker laat oop. ’n S­ke­mer­braai­vleis op die oe­wer van die Um­la­la­zi-ri­vier saam met ’n paar plaas­li­ke vrien­de ter­wyl vis­a­ren­de om ons roep, is vir my een van die hoog­te­pun­te.

Voor die in­gangs­hek na die na­tuur­re­ser­vaat kan jy af­draai in die mooi­ste paad­jies wat jou deur die in­heem­se kus­woud lei. Plaas­li­ke men­se stap ge­reeld hier. Die woud is vol palm­pit­bo­me, die groot­ste palm­boom ter wê­reld! Hier is selfs ’n palm­pit-mo­nu­ment – dit het my ’n paar dae ge­neem om te snap wat dit p­re­sies is, gaan vind self uit! Dit is eg­ter die skaars witaas­vo­ël (palm-nut vul­tu­re) wat die woud be­son­ders maak. Dié vo­ël, ’n soort vis­a­rend, is u­niek om­dat hy hoof­saak­lik van die palm­pi­t­o­lie en vrug­te van die palm­bo­me le­we.

Ge­rief­lik oor­kant ’n paar win­kels en langs ’n kof­fie­kroeg en spa ge­leë, is N­goye Lod­ge – en jy gaan ver soek om ’n be­ter plek vir ’n groep­va­kan­sie te kry. Hier is vyf slaap­ka­mers en vier bad­ka­mers, as­ook ’n a­par­te kot­huis. Die huis is luuks en per­fek in­ge­rig vir va­kan­sie met ta­fel­ten­nis, TV, ’n swem­bad en ’n stoep waar jy al jou De­on Mey­er-boe­ke wil her­lees.

Dit is eg­ter die kom­buis wat die sjef in elk van jou vrien­de gaan uit­bring, ek het meer as een ete hier vir my nu­we vrien­de in die dorp ge­maak.

Die lod­ge is heel­te­mal pri­vaat, nie­mand gaan jou wit lyf in jou bi­ki­ni aan­staar of kom kla oor jou mu­siek nie. Ta­ryn, die vrien-

de­li­ke be­stuur­der, is ’n op­roep ver as jy hulp of in­lig­ting no­dig het.

Tyd vir wild­kyk in iSi­man­ga­li­so

Na­dat die iSi­man­ga­li­so-vlei­land­park in 1999 as ’n U­nes­co-wê­reld­er­fe­nis­ge­bied ver­klaar is, het die wê­reld se na­tuur­fo­to­gra­we op die park toe­ge­sak. Die 280 km lan­ge kus­lyn word van­dag be­waar (’n ge­bied van al­te­saam 3 280 km²) en die im­pak daar­van op die ge­bied is merk­waar­dig.

Nel­son Man­de­la het in 2002 met die ves­ti­ging van o­li­fan­te in die iSi­man­ga­li­so ge­sê: “Die vlei­land­park moet die e­nig­ste plek op die pla­neet wees waar die wê­reld se oud­ste lands­oog­dier (re­nos­ter), die wê­reld se groot­ste lands­oog­dier (o­li­fant) ’n e­ko­stel­sel met die wê­reld se oud­ste vis (se­la­kant) en die wê­reld se groot­ste ma­rie­ne soog­dier (wal­vis) ’n tuis­te deel.”

Die dor­pie St. Lu­cia, 110 km ver­der op met die kus, is die mid­del­punt van toe­ris­me in Zoe­loe­land en een van die mees be­son­der­se dor­pies in Suid-A­fri­ka. Daar is geen grens­dra­de tus­sen die a­sem­ro­wen­de vlei­land en die dorps­hui­se en lod­ges nie. On­ge­luk­kig het in­wo­ners al weens ’n hon­ger kro­ko­dil van hul hon­de ver­loor.

See­koeie re­spek­teer meest­al hei­nings, maar kom hurk graag snags in die dorp se par­ke en op die sy­paad­jies. An­tho­ny S­wat­ton, wat op die dorp bly, was nie so ge­luk­kig in 2012 nie, en het ’n been ver­loor na­dat ’n see­koei hom in sy tuin aan­ge­val het.

My eie vier­voe­ti­ge reis­ge­noot, Pixel, is vei­lig op die dek van een van die be­sig­ti­gings­bo­te op die vlei­land.

Dit is ’n u­nie­ke er­va­ring en ons sien baie wild en vo­ëls op die oe­wers so­wel as in die wa­ter. Vir al­mal is die kod­di­ge see­koeie ’n guns­te­ling – die uit­lan­ders se ka­me­ras kliek son­der op­hou. Die mees­te bo­te ver­trek van­af Sunset Jet­ty, ’n mooi kaai wat sy naam met trots dra.

Bring jou kamp­stoel en ’n bot­tel wyn so ’n uur voor son­on­der. ’n Be­ter A­fri­ka-on­der­vin­ding gaan jy be­swaar­lik el­ders kry. Heel­te­mal gra­tis.

Die stran­de hier is ge­luk­kig ook gra­tis, maar jy moet taam­lik fiks wees om die lang af­stand tot by die wa­ter af te lê. Loop maar lig by die ri­vier­mond, want dit is ’n guns­te­ling­baai­plek vir kro­ko­dil­le. Vra een van die kar­wag­te om jou te wys, hul­le weet ge­woon­lik waar die bie­lies lê.

Een aand by Sunset Lod­ge hoor ek ’n ge­snuf­fel en ge­skuif voor my hout­hui­sie se ven­ster. Die net­jie­se lod­ge is op die oe­wer van die vlei­land en die see­koeie kom wei dus ge­reeld snags op die sap­pi­ge groen gras­perk. Maar dit was toe twee reu­se­ys­ter­var­ke wat vir kos kom snuf­fel het.

Die lod­ge het ses self­sorg-cha­lets van ver­skeie groot­tes. Maak eg­ter se­ker jy deps die Es­tu­a­ry View-c­ha­let heel voor. Gaan vang an­der­sins ’n mid­der­nag­swem in die swem­bad (jy kan ook hier braai) en wag vir die see­koeie om op te daag.

St. Lu­cia is ’n lek­ker vei­li­ge dor­pie en Sunset Lod­ge is loop­af­stand na al die re­stau­ran­te in die hoof­straat. As dit ef­fe duur is, bied La­ke St. Lu­cia Lod­ge ’n paar me­ter ver­der sak­pas­ver­blyf in ba­sie­se ron­da­wels aan.

Ont­span in Sod­wa­na

Nog 160 km ver­der sleep el­ke der­de mo­tor ’n boot, of ver­toon ’n plak­ker met “I’d rat­her be di­ving”. Dan weet jy jy is in Sod­wa­na, Suid-A­fri­ka se duik­mek­ka! ’n Mens voel ’n bie­tjie uit as jy nie self ’n diep­see­dui­ker is nie. Die strand is ge­pak met bo­te, duik­pak­ke, suur­stof­tenks en o­pe­ra­teursten­te. Hier be­taal jy weer toe­gang tot die strand. Jy mag eg­ter steeds met jou mo­tor op ’n stuk van die strand ry. Laai net eers ’n reu­se­piek­niek­mand­jie en al jou strand­speel­goed in. Voor die hek­ke van die park is tal­le stal­le­tjies wat snuis­te­rye en hand­ge­maak­te aan­den­kings ver­koop. Ek het ’n u­nie­ke dui­ker ge­kerf uit hout ge­koop.

Maak se­ker jy stop by een van die pyn­ap­pel­vroue. Jy gaan jou ver­gaap aan hul ver­nuf om ’n pyn­ap­pel te skil en dit op sy eie stam vir jou aan te bied. Dit is spot­goed­koop en ver­fris­send, die plaas­li­ke men­se noem dit ’n Sod­wa­na-room­ys.

Hoe­wel hier ak­kom­mo­da­sie in die park is, is die mees­te lod­ges bui­te die grens ge­leë. S­ha­y­a­mo­ya Lod­ge sit hoog teen ’n kop­pie en jy kan die see in die ver­te sien blink. Hier kan jy maar jou voor­skoot in die tas los. Die ei­e­naars, Al­bie en A­li­cia, en hul ge­dug­te span be­rei die lek­ker­ste e­tes voor, al­les by die prys in­ge­sluit.

Hul­le leu­se is “Ar­ri­veer as ’n vreem­de­ling, ver­trek as ’n vriend”, en dis p­re­sies wat hier ge­beur. Hul­le is van die gaaf­ste ei­e­naars wat ek al op my rei­se te­ë­ge­kom het. Be­spreek som­mer die he­le lod­ge, want hier gaan jy kui­er. En vra Al­bie om vir jul­le gem­mer­koe­kies te bak . . .

Daar is ’n ge­sel­li­ge kroe­gie met ’n snoe­ker­ta­fel, en lek­ker kui­er­plek om die mooi swem­bad, en gas­te bly in hul eie a­par­te ron­da­wels. Die lod­ge kan ook help met vis­vang- en an­der eks­kur­sies.

Kui­er in Ko­si­baai

’n Laas­te 100 km langs die grens van die park op, en jy kan die gar­na­le in Mo­sam­biek ruik! Ko­si­baai is die laas­te kus­ge­bied op Suid-A­fri­ka se oos­te­li­ke kus, en wat ’n fas­si­ne­ren­de plek is dit nie. Die Ko­si­ri­vier­mond is skaars 2 km van die Mo­sam­biek­se grens af, jy kan Pon­ta D’Ou­ro toe stap. Die mond lyk soos ’n a­kwa­ri­um, so hel­der is die wa­ter, en dit we­mel van die vis en taam­lik ag­gres­sie­we Zam­be­si­haaie. Dis na­tuur­lik ook hier waar die be­ken­de en be­dreig­de leer­rug­skil­pad hul ei­ers op die strand kom lê. Die groot vlei­lands­tel­sel be­staan uit vier me­re wat by­me­kaar aan­sluit, met vyf ver­skil­len­de man­gro­veboom­spe­sies, vo­ëls, kro­ko­dil­le en see­koeie wat hier wei en woon.

Die kul­tu­re­le hoof­stad van die an­tie­ke Tson­ga Tem­be-ko­nink­ryk was hier. Die vis­hok­stel­sel waar­mee hul­le vis in ’n lok­val lei, van­dag – meer as 600 jaar la­ter – steeds ge­bruik. Wan­neer dit kor­rek toe­ge­pas word, is dit ’n e­ko­vrien­de­li­ke me­to­de. Per­mit­te word slegs aan ’n paar plaas­li­ke men­se toe­ge­staan en dan aan die na­ge­slag oor­ge­dra.

Daar is baie paad­jies om te ver­ken langs die me­re, en jy sal waar­skyn­lik ie­mand raak­loop wat be­sig is om sy hok­ke te her­stel of nu­wes te bou.

Na­by Der­de Meer lê Ko­si Bay Lod­ge in die kus­woud ver­steek. As jul­le ie­mand in die groep se ver­jaar­dag vier, kan jy hier ’n jo­li­ge par­ty­tjie hou. Na­dat die oor­spronk­li­ke re­stau­rant af­ge­brand het, is ’n prag­ti­ge nu­we re­stau­rant-en-swem­bad­kom­pleks op­ge­rig. Jy sit som­mer in die swem­bad langs die kroe­gie, soos op ’n ei­land! Hier is ver­skil­len­de ver­blyfop­sies, maar kyk na die pri­va­te cha­lets wat hul eie swem­bad­dens het. Die mees­te een­he­de is heel­te­mal pri­vaat en my c­ha­let se kom­buis was fan­tas­ties toe­ge­rus. Die twee en-sui­te-ka­mers was ver uit­me­kaar aan weers­kan­te van die swem­dek met luuk­se, reu­se­stor­te. Die lod­ge bied boot­rit­te op die meer aan, as­ook dag­uit­stap­pies na die mond. Die dor­pie Man­gu­zi is ’n paar ki­lo­me­ter ver­der met ’n goeie S­par en plaas­li­ke vroue ver­koop die mooi­ste groen­te en kruie op die sy­paad­jies. Dis i­de­aal vir jou vis­braai la­ter die aand. Wees ge­waar­sku, jy gaan ’n maand hier wil bly.

O.R. Tam­bo-lug­ha­we is 605 km wes, maar dit voel of jy in ’n an­der land was. Tuis sou ek eint­lik wou spog met ’n pas­poort­stem­pel, maar ek kon da­rem ’n bruin­ge­bran­de lyf kom wys.

Fo­to’s: GILDA SWANEPOEL

’n Be­sig­ti­gings­toer op die vlei­land­meer in St. Lu­cia is ’n moet.

Die ge­sel­li­ge hui­sies van die Sunset Lod­ge in St. Lu­cia.

’n Ou­li­ke piz­za­re­stau­rant­jie in Sod­wa­na.

Op­pas vir die kro­ko­dil­le wan­neer jy op dié paad­jie in St. Lu­cia stap.

Hou braai­vleis langs die Um­la­la­zi­ri­vier.

Daar is heer­li­ke groot oop stran­de wat jy al langs die kus kan ont­dek.

’n Se­bra in die Um­la­la­zi­na­tuur­re­ser­vaat.

Die swem­bad van die Sunset Lod­ge in St. Lu­cia het ’n lief­li­ke uit­sig op die vlei­land.

Koop be­slis ’n pyn­ap­pel by een van die vroue in Sod­wa­na.

Wel­kom in M­tun­zi­ni!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.