Wen­fo­to’s van tu­in­kom­pe­ti­sie

Beeld - - LEEFSTYL -

Die te­ma van Ju­lie se tu­in­kom­pe­ti­sie was kleur­vol­le vo­ëls in jou tuin en het ge­fo­kus op e­ni­ge vo­ëls wat in die win­ter kleur en ka­rak­ter na jou tuin bring.

Le­sers kon e­ni­ge fo­to’s van mooi vo­ëls in die tuin stuur en kon ook meer in­lig­ting gee oor wat­ter plan­te in hul tuin vo­ëls lok, of met wat­ter lek­ker­nye hul­le vo­ëls na hul tui­ne lok.

Mau­r­een Litt­le van Kru­gers­dorp is die wen­ner van ’n die­re­vrien­de­li­ke slak­lok­val, Mar­ga­ret Roberts Fun­gi­ci­de (die­re­vrien­de­li­ke swam­do­der vir gras­per­ke), vyf pak­kies krui­e­saad en Su­per Cat Grass.

Sy wen die Ju­lie-kom­pe­ti­sie met haar fo­to van ’n dik­kop­pie-wy­fie wat hoogs ont­steld was toe Litt­le na­by haar ei­ers ge­kom het. Veels ge­luk!

Nou is dit aal­wyn-sei­soen en daar­om vier ons met Au­gus­tus se tuin­fo­to­kom­pe­ti­sie hier­die prag­ti­ge in­heem­se plan­te. Die tu­in­kom­pe­ti­sie vir Au­gus­tus be­gin van­dag. Le­sers kan fo­to’s van aal­wy­ne van o­ral oor die land in­stuur.

Skryf in deur ’n e-pos, met jou aal­wyn­fo­to in .j­peg-for­maat aan­ge­heg, na tuin@me­dia24.com te stuur.

In el­ke e-pos moet die plek en die soort aal­wyn, die fo­to­graaf se naam en van, as­ook die dorp of voor­stad waar die fo­to­graaf woon, ver­skaf word.

El­ke le­ser kan drie fo­to’s An­dré G­rey­ling van die Strand het hier­die fo­to van ’n klein rooi­bors­sui­ker­bek­man­ne­tjie in­ge­stuur. Die sui­ker­bek­kie kom ge­reeld drink uit die drin­ker­bot­tel wat hy op sy ag­ter­stoep hang om vo­ëls in droë tye met wa­ter, ge­meng met sui­ker en koek­kleur­sel, te lok.

in­skryf. El­ke fo­to moet gro­ter as 200 KB wees om te kwa­li­fi­seer.

Au­gus­tus se ge­skenk­pak be­staan uit ’n hout­nes­bok­sie en ’n wil­de­vo­ël-ver­e­nes, as­ook ’n ver­skei­den­heid blom- en groen­te­saad­pak­kies.

Hier is ’n paar van die mooi in­skry­wings wat vir Ju­lie se kom­pe­ti­sie ont­vang is. Mau­r­een Litt­le woon in ’n af­tree­oord in Kru­gers­dorp, en daar is ’n he­le paar van die dik­kop­pies wat in haar tuin rond­loop met hul klein­tjies en al. Hier­die een was hoogs ont­steld toe Litt­le te na­by die ei­ers ge­kom het. Regs bo: Vir Chris­ta Ra­bie van Bos­veld­sig, ’n vei­lig­heids­oord in Mo­di­mol­le, is vo­ël­kyk ’n gróót lief­de. Dié ge­vlek­te lys­ter het in Chris­ta se half­mens­plant voor in haar tuin nes ge­maak en drie klein­tjies groot­ge­maak (net twee is op die fo­to sig­baar). Aan­gren­send aan hul pa­lis­sa­de­hei­ning is die prag­ti­ge Bos­veld. Sy skryf hul­le het ek­stra in­heem­se aal­wy­ne en plan­te soos die Kaap­se kan­fer­foe­lie en klip­dag­ga in die veld en in hul tuin aan­ge­plant. Die vo­ëls, ve­ral die sui­ker­bek­kies, is baie lief vir die aal­wyn­blom­me se nek­tar.

Va­nes­sa Marais woon in Lan­gen­ho­ven­park in Bloem­fon­tein. Sy het hier­die fo­to in­ge­stuur van glas­o­gies in haar tuin wat pas klaar ge­bad het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.