Lu­vo dar­tel; A­ka­ni spar­tel

Beeld - - SPORT - Wim P­re­to­ri­us

U­sain Bolt en sy on­der­steu­ners kan steeds mooi dro­me van ’n suk­ses­vol­le swa­ne­sang droom, na­dat hy Vry­dag­aand by die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Lon­den draf-draf tot die half­eind­ron­de van die 100 m deur­ge­dring het.

Bolt was in sy uit­dun baas met ’n tyd van 10.07 sek.

Waar die Ja­mai­kaan geen re­de tot on­no­di­ge hart­klop­pings ge­had het nie, het die SuidA­fri­kaan­se duo van A­ka­ni Sim­bi­ne en T­han­do Ro­to ’n paar van hul land­ge­no­te na die hart­pil­le laat gryp.

Sim­bi­ne het een van sy swak­ste wed­lo­pe van die jaar ge­had toe hy vier­de in sy uit­dun ge­ëin­dig het in 10.15 sek. Die Suid-A­fri­ka­ner, wat reeds vyf keer on­der 10 se­kon­des ge­hard­loop, het ver van sy bes­te peil ge­lyk. Ge­luk­kig het hy steeds deur­ge­dring, as een van die vin­nig­ste ver­loor­ders.

Chris­ti­an Co­le­man van die VSA het sy uit­dun ge­wen in 10.01 sek. ter­wyl Yo­han Bla­ke din­ge rus­tig ge­vat het en twee­de in sy uit­dun­ron­de ge­ëin­dig het in 10.13.

Jus­tin Gat­lin van die VSA het 10.05 sek ge­hard­loop om ook sy plek te be­spreek. In sy uit­dun is die jong Ro­to ge­dis­kwa­li­fi­seer om­dat hy te vin­nig weg­ge­spring het.

Cas­ter Se­me­nya het net haar twee­de wed­loop van die jaar in die 1 500 m ge­hard­loop en twee­de ge­ëin­dig in haar uit­dun in 4:02.84. Gen­ze­be Di­ba­ba van E­thi­o­pië was eer­ste in 4:02.67.

Se­me­nya het vroe­ër van­jaar by die Suid-A­fri­kaan­se S­tu­den­te­by­een­koms die i­tem in 4:16.87 ge­wen, ’n tyd wat haar nie eens in die top-150 van die wê­reld ge­plaas nie. Nou be­klee sy die 17de plek op die 2017-wê­reld­rang­lys, ter­wyl Di­ba­ba se 3:57.82 wat sy in Lau­san­ne, S­wit­ser­land ge­hard­loop het, haar der­de plaas.

Sif­fan Has­san van Ne­der­land het die twee­de uit­dun ge­wen in 4:08.89, meer as ses se­kon­des ag­ter Se­me­nya. Die Ne­der­lan­der hou die voor­ste tyd in 2017 in 3:56.14 en sal ’n groot be­drei­ging wees in die half­eind­ron­de.

Faith Ki­py­e­gon van Ke­nia het die der­de uit­dun­ron­de ge­wen in 4:03.09 om te ver­se­ker dat al die guns­te­lin­ge se aan­slag op die reg­te spoor bly.

Lu­vo Ma­nyon­ga het net een sprong no­dig ge­had om ou­to­ma­ties te kwa­li­fi­seer vir die eind­ron­de van die ver­spring na­dat hy 8.12 m ge­spring het. Dit was die der­de bes­te sprong van sy groep. Rushwahl Sa­maai het ook sy me­dal­je-aan­slag le­wen­dig ge­hou toe hy deur is met ’n af­stand van 8.14.

Zarck Vis­ser, het op ’n plek in die eind­ron­de uit­ge­mis toe hy 14de ge­ëin­dig het met ’n bes­te af­stand van 7.66 m.

In die 10 000 m se eind­ron­de moes Suid-A­fri­ka se S­te­phen Mo­ko­ka met die 20ste plek te­vre­de wees. Die kam­pi­oen, Mo Fa­rah, het am­per twee mi­nu­te voor hom ge­ëin­dig.

Way­de van Nie­kerk en Pie­ter Con­ra­die (11:45). Lu­vo Ma­nyon­ga en Rushwahl Sa­maai (21:05).

me­nya (20:35). (20:05). Cas­ter Se­ A­ka­ni Sim­bi­ne Ca­ri­na Horn (12:45). Ora­zio C­re­mo­na en Ja­co En­gel­brecht (11:00).

Fo­to: AP

Lu­vo Ma­nyon­ga het net een sprong no­dig ge­had om by die Wê­reld­by­een­koms vir die eind­ron­de van die ver­spring te kwa­li­fi­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.